Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 33 VAN 43

Gevorm soos Jesus

Lees: Matteus 9:9-13; Matteus 4:18-22

SOAP: Matteus 4:19-20

"Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg."

Oordenking

Dierbare vriendin, een van die grootste geskenke wat ons vir ons kinders kan gee, is die voorbeeld van 'n lewe wat na Jesus se beeld gevorm is. Dit is meer as net om die Skrif te deel. Dit laat hulle die Woord van God in aksie sien in ons daaglikse lewe, terwyl ons kies om Jesus bo alles te volg.

Ons kinders neem waar hoe ons in ons huise en in ons verhoudings optree en die manier waarop ons uitdagings hanteer. Hulle leer wat dit beteken om outentieke geloof uit te leef, selfs in sy onvolmaaktheid. Ons kinders moet sien hoe ons in geloof wandel, op God vertrou en sy antwoorde op ons gebede aanskou. God het in die verlede gebede verhoor en hulle moet sien dat Hy ook in ons lewens besig is om gebede te beantwoord.

Jesus het in sy aardse bediening vir ons die belangrikheid van dissipelskap gewys. Hy het saam met sy dissipels gewandel, hulle geleer, hulle saam met Hom laat dien, hulle vergewe en hulle liefgehad. Hy het dag in en dag uit die lewe saam met hulle geleef. Op dieselfde manier word ons ook geroep om saam met ons kinders te “lewe”. Ons huise is nie net leefruimtes nie. Hulle is die belangrikste plek van bediening. Ons huis is ons bediening se hoofkwartier.

Soos ons die Woord van God in aksie plaas in ons lewens plaas, lei ons ons kinders om dieselfde te doen. Waaraan ons waarde heg, sal hulle hopelik ook aan waarde heg. Soos ons kies om lewens te lei wat God eer, wys ons hulle hoe dit lyk om die wêreld vir Christus te beïnvloed.

Liewe vriendin, kom ons streef daarna om lewens te leef wat Jesus se liefde en genade weerklink. Kom ons wees doelgerig om verhoudings met ons kinders te bou, net soos Jesus met sy dissipels gedoen het, om hulle te lei, hulle lief te hê en vir hulle die pad te wys.

Gebed

Liewe Jesus, help my om my lewe na U te vorm sodat my kinders kan sien dat u liefde en waarheid in my uitgeleef word. Gee my die wysheid en krag om hulle te lei, om hulle u weë te wys en hulle in u waarheid te koester. Amen.

Vraag

Op watter maniere kan jy doelbewus die leerstellings en karakter van Jesus in jou daaglikse lewe uitleef, om sodoende jou kinders te lei en te inspireer?

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in die Woord van God gegrond kan word. Ontdek hoe om jou kinders te vorm, te koester en lief te hê op ‘n manier wat die hart van God weerspieël.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans