Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 28 VAN 43

Moedig Hulle Aan

Lees: 1 Tessalonisense 5:11; Spreuke 12:25; Hebreërs 10:19-25

SOAP: Hebreërs 10:24-25

"Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom."

Oordenking

Liewe vriendin, ons is geroep om 'n bemoediging vir ons kinders te wees. Net soos Hebreërs vir ons sê om mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade, het ons die voorreg om ons kinders op te hef, te inspireer en te motiveer om God heelhartig lief te hê.

Dink aan aanmoediging as die sonlig vir 'n plant, noodsaaklik vir groei. Dit is die woorde van bevestiging na 'n harde dag, die sagte drukkie wanneer hulle huiwerig is, en die bemoediger se toejuiging in hul oomblikke van triomf. In elke lofprysing, elke ondersteunende woord en selfs in ons teenwoordigheid, kommunikeer ons aan ons kinders: "Ek glo in jou. Ek sien jou pogings, en jy is baie geliefd."

Kom ons maak ons huise plekke waar aanmoediging vrylik vloei, waar elke kind die krag van ons ondersteuning en die diepte van ons liefde ervaar. Ons woorde en dade kan 'n sterk krag wees, wat hulle help om te groei in vertroue, veerkragtigheid en geloof.

Wanneer ons hulle gees met bemoediging koester, weerspieël ons die hart van ons Hemelse Vader, wat ons grootste ondersteuner en bemoediger is. Terwyl ons ons kinders lei en ophef, word ons ook aangespoor deur sy liefde en genade in ons eie lewens.

Gebed

Liewe Jesus, dankie vir die gawe van my kinders. Help my om 'n bron van voortdurende bemoediging vir hulle te wees. Gee my die woorde en dade om hulle gemoed op te hef, om hulle in U liefde te lei en om hulle te ondersteun in elke stap van hulle reis. Amen.

Vraag

Wat is 'n paar spesifieke maniere waarop jy jou kinders kan aanmoedig en bemoedig in die seisoen waarin hulle tans is? Wat dink jy moet hulle van jou hoor?

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in die Woord van God gegrond kan word. Ontdek hoe om jou kinders te vorm, te koester en lief te hê op ‘n manier wat die hart van God weerspieël.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans