Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma'sVoorbeeld

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

DAG 24 VAN 43

Week 4- Tuis

Koester Hulle

Lees: Spreuke 31

SOAP: Spreuke 31:25-27

"Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid;

sy ken geen kommer oor die toekoms nie.

As sy praat, is dit met wysheid;

as sy leiding gee, is dit met liefde.

Sy hou goeie toesig oor haar huishouding;

lui is sy nie."

Oordenking

Liewe vriendin, jy is nie geroep om die perfekte vrou, ma, dogter of vriendin te wees nie. Waartoe jy geroep is, is om God getrou te dien met wat Hy aan jou gegee het. Ons huise hoef nie die mooiste te wees of versier te wees in die nuutste style of lyk soos op sosiale media nie. Wat hulle moet wees, is plekke van koestering en toevlug, ongeag hul grootte of hoe hulle lyk.

Ons huise is meer as net fisiese ruimtes; hulle is heiligdomme waar ons die geleentheid het om ons gesinne te help groei en te koester. Dit is in die maaltye wat ons kook, die lag wat ons deel, en die gerief wat ons bied. Dit is in die slaaptydstories, die drukkies in die oggend en selfs in die manier waarop ons ons huise organiseer en versorg.

Elke daad van diens, elke woord van bemoediging en elke oomblik van samesyn bou in die lewens van diegene in jou huis. Hoe jy hulle liefhet maak saak. Dit gaan nie daaroor om elke aand 'n blinkskoon huis of fynproewersmaaltye te hê nie. Dit gaan daaroor om 'n atmosfeer van liefde, genade en warmte te skep. Dit skep 'n plek waar hulle hul maskers laat sak en tuis voel.

Met wysheid en vriendelikheid op jou tong, bestuur jy nie net 'n huishouding of "hou die fort nie." Jy koester siele, vorm harte en maak herinneringe wat 'n leeftyd sal hou. Dit is wat jou krag en waardigheid uitstraal.

So vandag, terwyl jy aangaan met jou take, weet dat elkeen 'n geleentheid is om die kosbare mensies wat God in jou bekwame hande geplaas het, lief te hê.

Gebed

Liewe Jesus, dankie vir die seën van my huis en familie. Help my om hulle met liefde, wysheid en krag te koester. Mag my huis 'n hawe van u liefde wees, 'n plek waar my familie gekoester en gesien voel. Amen.

Vraag

Wat is 'n paar eenvoudige maniere waarop jy vandag 'n koesterende en liefdevolle omgewing in jou huis kan skep?

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Moederskap Vol Genade - 43 Dae van Bemoediging vir Ma's

Hierdie Bybelstudie moedig jou aan om deur die lief en leed van moederskap op Jesus staat te maak. Leer hoe om ‘n hart van genade, oorgawe en liefde te kweek terwyl jy ‘n evangelie-gesentreerde huis bou waar kinders in die Woord van God gegrond kan word. Ontdek hoe om jou kinders te vorm, te koester en lief te hê op ‘n manier wat die hart van God weerspieël.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans