Leesplan inligting

Herwin Jou Vertroue in GodVoorbeeld

Herwin Jou Vertroue in God

DAG 7 VAN 7

Jesus het vir jou gebid.

Een van die gedagtes wat ons die meeste troos, is dat Jesus self 24-7 vir ons bid! Hy het 'n wonderlike gebed vir sy dissipels in Johannes 17 gebid. Selfs op hierdie oomblik, tree Jesus in die hemel vir jou in! (Romeine 8:27, 34; Hebreërs 7:25). Jy is nie alleen op hierdie pad om met God te wandel nie – Hy is elke tree van elke dag BY JOU.

Wanneer jy vandag met hierdie leesplan klaar is, staan dan 'n ekstra paar oomblikke af om die Skrifgedeeltes na te slaan hoe om jou vertroue in die Here te herstel en bid van harte oor elkeen. Skryf in jou joernaal vir die Here 'n "brief-gebed" waarin jy jou hart met Hom deel na afloop van hierdie week en waar jy opnuut jou hart aan Hom toewy. Dit gaan jou hart met soveel vreugde vul om so met Hom te praat! Dit sal ook 'n wonderlike herinnering wees wanneer jy 'n paar weke of maande van vandag af weer lees wat jy vir Hom geskryf het!

>> God ken jou toekoms – Spreuke 3:5-6

>> Jesus bly gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde – Hebreërs 13:8

>> Moenie bang wees vir swaarkry nie – Psalm 112:7-8

>> God sal vir jou sorg – Psalm 37:5

>> God is altyd by jou – Jesaja 41:10

>> God se Woord is betroubaar – Psalm 33:4

>> Vertrou Jesus as jou herder – Johannes 10:14

>> God laat alles ten goede meewerk – Romeine 8:28

>> God is jou toevlug – Psalm 62:8

>> Jesus troos ontstelde harte – Johannes 14:1

>> Jy kan Hom enigiets vra – 1 Johannes 5:14

>> Vertrou die Here, nie ander dinge nie – Psalm 20:8

>> Behou God as sentrale fokus – Jesaja 26:3-4

>> God sal vergewe – 1 Johannes 1:9

>> God sal jou red – 2 Timoteus 4:18

Vir nog gratis bronne hoe om te bid besoek www.jwipn.com/articles

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Vertroue in God

Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help ...

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid