Leesplan inligting

Herwin Jou Vertroue in GodVoorbeeld

Herwin Jou Vertroue in God

DAG 4 VAN 7

Sal God my red wanneer ek in die moeilikheid is?

Ek onthou jare gelede, die getuienis van 'n jong dame. Sy het in 'n Christelike huis grootgeword. Toe sy uit die huis is, het sy egter op ander nie-Christelike praktyke gefokus. Sy het vertel hoe sy baie rituele meegemaak het in 'n poging om haarself teen die bose of ongelukke te beskerm. Een aand toe sy wakker skrik, staan daar vier mans voor haar bed wat by haar huis ingebreek het en wat haar wil aanrand. Op daardie oomblik het sy besef dat geeneen van haar eie pogings en rituele vir beskerming enige krag dra nie. Haar ma was 'n diep gelowige en het haar altyd as kind aangespoor om die Naam van Jesus aan te roep as sy ooit in die moeilikheid sou beland. Sy het hard en desperaat uitgeroep dat die Here Jesus Christus haar moet help. Die vier mans het onmiddellik gevries. Dit het letterlik gelyk asof hulle 'n spook sien en hulle het uit haar kamer en huis uitgestorm! Nodeloos om te sê dat sy hierna radikaal tot inkeer gekom en haar lewe totaal aan God oorgegee het.

Miskien het jy al moeilike situasies beleef en voel dat God nie "vir jou daar was nie" of jou "beskerm" het nie. Ek wil jou nooi om na hierdie punte te kyk en jouself die volgende af te vra:

>> Nooi jy gereeld die Here uit om deel te wees van belangrike besluite wat jy neem of projekte wat jy aanpak?

>> Bring jy gereeld tyd in gebed deur, selfs om te vas, om te seker te maak dat die rigting wat jy inslaan, van Hom af is?

>> Die Skrif sê dat daar wysheid daarin is om ook die raad van ander te soek (Spreuke 11:14). Deel jy ooit wat jy voel jy van die Here gehoor het met 'n betroubare Christenvriend(in) en vra die persoon om saam met jou oor die saak te bid?

Hierdie belangrike vrae is voorsorgmaatreëls en riglyne om ons te beskerm om nie foute te maak nie. Miskien staan jy tans met 'n besluit of projek vir oorweging voor jou. Wil jy nie vir 'n oomblik jou hart teenoor die Here oopmaak en hierdie keer noukeurig luister nie? Nooi ook 'n vriend(in) om saam met jou te bid en te luister wat God se wil is.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Vertroue in God

Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help ...

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid