Leesplan inligting

Herwin Jou Vertroue in GodVoorbeeld

Herwin Jou Vertroue in God

DAG 2 VAN 7

Vertrou wanneer daar geen deurbraak is nie.

'n Dierbare vriendin se man is nou al minstens ses jaar werkloos. Hulle het deur baie tydperke van vas en gebed gegaan en God vertrou vir werk, maar steeds is daar geen deurbraak nie. Met verloop van tyd het hulle die raad, veragting en ook die verwerping van baie gelowiges verduur omdat hulle omstandighede dieselfde bly. Hulle word minstens een keer per maand uitgedaag deur die werklikheid van tekorte soos "kos op die tafel'. Dikwels voel hulle oorweldig omdat hulle nie weet of God hulle gebede hoor nie; of daar dalk sonde is wat hulle nie bely het nie en wat die rede vir hulle situasie kan wees. Deur alles bly hulle egter getrou in hulle geloof in God. Ek het gesien hoe hulle geestelik groei soos min mense wat ek ken. Ek het God se bonatuurlike voorsiening deur al die jare gesien, van skoolgeld tot kos, geld vir brandstof, ensovoorts.

Soms verstaan ons nie hoekom daar geen deurbraak in 'n saak is waarvoor ons God vertrou nie. Om vrae te vra gedurende sulke tydperke is nie verkeerd nie. Dit wys jy het steeds 'n verhouding met die Here!

Hou aan vra, hou aan klop, hou aan om God te soek (Matteus 7:7-11). Moenie moed verloor nie! Moenie toelaat dat die vyand jou hart van God af laat wegdraai nie — hoe moeilik dit ook al mag gaan.

Staan vandag tyd af om jou hart voor die Here uit te stort oor alles wat vir jou so 'n las geword het – veral wanneer dit finansieel is. Vra Hom om vir jou areas in jou hart te wys waar meer oorgawe nodig is. Miskien het jy hulpbronne misbruik wat aan jou toevertrou is. Miskien het iemand anders van jou gesteel en nou dra jy die gevolge.

Stort jou hart voor die Here uit en vra Hom om jou te help op die pad van genesing. Vra Hom om jou te help om opnuut jou vertroue in Hom te plaas.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Vertroue in God

Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help ...

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid