Leesplan inligting

Herwin Jou Vertroue in GodVoorbeeld

Herwin Jou Vertroue in God

DAG 1 VAN 7

Wat kan my vertroue in God laat wankel?

Daar is verskillende redes waarom Christene wat deur moeilike tydperke gaan, in hulle geloof en vertroue in God wankel. Dit kan wees dat 'n geliefde wat jy geglo volkome sou genees toe gesterf het. Of dalk ervaar jy 'n baie pynlike egskeiding of staar skielike werkloosheid in die gesig. Ander kan sukkel met 'n geestesongesteldheid soos depressie waarvoor daar skynbaar weinig oplossing is. Weet net, jy is nie alleen nie!

Ons kan nie keer dat slegte dinge oor ons pad kom nie, maar ons het wel 'n keuse hoe ons daarop reageer. Mense verskil hemelsbreed in hul reaksie op probleme en uitdagings. Baie raak moedeloos en besluit om hulle van die Here af weg te keer.

Hoekom gebeur dit?

In die uitdagende tye wat ons vandag beleef, sal die vyand sy uiterste bes probeer om ons te oortuig dat God "teen" ons is of van ons "vergeet" het. Die beste oplossing om ons te help om deur sulke tydperke te kom, is om voortdurend ons harte en gedagtes op God te rig. Om ook doelgerig op Skrifgedeeltes te fokus wat ons harte en gedagtes reinig met die waarhede van wie God werklik is; en om vas te hou aan sy beloftes — ongeag ons omstandighede.

Terwyl jy hier lees, wil jy nie sommer nou bid en die Heilige Gees vra om jou te help nie? Ons lees in 2 Korintiërs 12:10: "... as ek swak is, is ek sterk". Erken eenvoudig en openlik in gebed voor die Here, al jou swakhede, twyfel en gebrek aan vertroue wat jy tans in Hom ervaar. Vra Hom om jou te versterk in jou vertroue en geloof.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Vertroue in God

Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help ...

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid