Herwin Jou Vertroue in GodVoorbeeld

Herwin Jou Vertroue in God

DAG 3 VAN 7

Het jy geloof en vertroue verloor dat God na jou luister?

Ons daaglikse lewe dwing ons dikwels om na ons omstandighede te kyk en te vra: "Waar is God hierin?" Dit is veral waar wanneer ons glo dat God vir ons iets spesifieks gesê het, net om na 'n rukkie te besef dat dit alles eintlik die hele tyd net ons eie idees en gedagtes was, en glad nie God s'n nie!

Ons eerste reaksie kan wees: "Waarom het God toegelaat dat ek dit mis? Waar was Hy toe ek daaroor gebid het?" Hierdie vrae is werklik en geldig. Die antwoorde daarop sal vir elke persoon verskillend wees.

Soms is ons eie begeertes en idees so sterk, dat ons maklik kan glo dat dit van die Here is. Soms is dit wat ons glo inderdaad van die Here af, maar ons ongehoorsaamheid aan die leiding van sy Heilige Gees kan veroorsaak dat ons mis wat Hy eintlik bedoel het. Om te midde van al hierdie omstandighede duidelik te kan onderskei, kan baie oorweldigend wees en veroorsaak dat ons ons hoop en vertroue in God prysgee. Of ons kan moed verloor in ons vermoë om sy stem reg te hoor.

Sal jy nie vandag tyd afstaan net om na te dink oor die Skrif wat deel is van vandag se leesstuk nie? Praat dan met die Here oor jou teleurstellings om sy stem te hoor, wat jy dalk in jou hart koester. Bely enige nalatigheid aan jou kant of dalk ongehoorsaamheid aan sy stem wat jy nou besef die rede vir sommige probleme is wat jy in jou lewe ervaar. Vra die Heilige Gees om jou hart te genees en jou geloof te herstel, sodat jy wel sy stem kan hoor.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Vertroue in God

Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help om jou vertroue in die Here te herwin en jou geloof versterk in die wete dat die Here jou werklik liefhet.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com