Herwin Jou Vertroue in GodVoorbeeld

Herwin Jou Vertroue in God

DAG 6 VAN 7

Neem die eerste stap!

Die afgelope paar dae het ons na verskillende redes gekyk waarom mense uiteindelik ver van God af kan voel en hul vertroue in Hom kan begin verloor. Miskien vra jy: Hoe kan ek prakties my vertroue en geloof in die Here herstel?

Dit is regtig baie maklik om te doen, maar dit sal toewyding en dissipline verg. Dit wat in jou gedagtes maal, sal jou die hele tyd besig hou. Wanneer ons baie tyd op sosiale media deurbring, sal dit ons gedagtes vul. Wanneer ons die hele tyd bekommerd is, sal kommer ons gedagtes vul. Wanneer ons baie tyd gebruik om vreesaanjaende rillers of goddelose flieks te kyk, sal hierdie dinge ons gedagtes vul. Om dus ons vertroue in God te stel, moet ons ons gedagtes met die Skrif vul, wat ons aan God se karakter en sy doelwitte vir ons sal herinner. Daar is geen ander manier om die skaal van vertroue weer op die regte plek te balanseer nie, as om tyd aan die dinge van die Here te wy.

Jy kan eerstens begin deur tyd te skeduleer om die Woord te lees en dit met leesplanne te vergesel. Jy kan 'n leesplan kies waarmee jy stelselmatig oor 'n spesifieke onderwerp lees, bv. genesing, vervulling met die Heilige Gees, en nog meer.

Tweedens kan jy met God in gebed praat. Jy kan byvoorbeeld die oomblik wanneer jy wakker word, voordat jy iets anders doen, selfs nog met jou oë toe, kan jy met die Here praat en Hom vra om deel van jou dag te wees.

Dink hieroor na, watter veranderinge wil jy graag in jou lewe aanbring?

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Herwin Jou Vertroue in God

Voel jy dat jou vertroue in die Here werklik die afgelope tyd uitgedaag is? Miskien het 'n geliefde gesterf wat jy geglo het volkome sou genees? Jy mag dalk wonder – kan ek Hom nog vertrou? Hierdie leesplan sal jou help om jou vertroue in die Here te herwin en jou geloof versterk in die wete dat die Here jou werklik liefhet.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com