Dave Ramsey se Finansiële Wysheid uit SpreukeVoorbeeld
Dag 4: Slawe van Skuld
Na byna drie dekades van praat met mense oor geld, het ek iets agtergekom. As jy 'n leuen hard genoeg en lank genoeg vertel, sal mense begin glo dis waar. Selfs as hulle in hul harte weet dat die mite volkome onsin is, sal hulle leef asof dit werklik is.
Deesdae is daar 'n groot mite wat baie mense mislei. Dit is die mite dat skuld 'n effektiewe deel van hul finansiële beplanning is. Krediet word so effektief aan ons bemark dat die meeste mense dink hulle kan nie daarsonder leef nie. Hulle dink dit is 'n goeie ding, 'n noodsaaklike ding. En hulle dink enigiemand wat sonder skuld leef onnosel moet wees!
Wel, ek is al voorheen onnosel genoem, en ek is gemaklik daarmee. As dit by skuld kom, wil ek nie normaal wees nie. Ek is ook in redelik goeie geselskap, want koning Salomo — wat baie van geld en rykdom geweet het — het dieselfde daaroor gevoel.
In Spreuke 22:7 was hy vasbeslote om skuld te vermy. Hoekom? Want hy het verstaan wat so baie mense vandag totaal mis: Skuld verslaaf ons!
Die Bybel sê dat die lener die slaaf is van die man by wie hy leen. Dit is redelike sterk taal, maar dit is heeltemal in die kol. Dink daaroor. 'n Slaaf kan nie gee omdat hy niks het nie. Hy kan nie gaan waarheen hy wil gaan of doen wat hy wil doen nie, want hy het altyd 'n meester wat hom beheer. Dit is presies hoe dit voel as jy meer skuld as wat jy besit. Haai, hoekom dink jy noem hulle dit ”MasterCard”?
Salomo het geweet waarvan hy praat. Hierdie man was die wysste man wat ooit geleef het! Hy het nie per ongeluk die woord "slaaf" gebruik nie, en hy was ook nie te dramaties daaroor nie. Hy het net vir ons gewys wat skuld werklik is: " 'n wrede meester”.
As jy voel dat skuld jou verslaaf, moet jy nie langer talm nie. Jy kan vandag iets daaraan doen. Financial Peace University is 'n Bybels-Gefundeerde studiekursus wat mense leer hoe om geld op God se manier te hanteer. Leer hoe om van skuld ontslae te raak, jou geld te bestuur en verstandig te spandeer en spaar. Besoek daveramsey.com/fpu om meer te wete te kom.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dave Ramsey is Amerika se betroubare stem oor geld en besigheid. Ná sy eie bankrotskap op 30-jarige ouderdom het Dave besluit om God se maniere te leer om geld te hanteer. Dave wy hom nou daaraan toe om ander te leer hoe om verantwoordelik te wees met hul geld sodat hulle 'n vrygewige lewe kan lei en 'n nalatenskap vir toekomstige geslagte kan agterlaat. Oor die volgende tien dae sal Dave die boek Spreuke gebruik om vir jou 'n paar praktiese Bybelse stappe te wys om in finansiële vrede te wandel.
More