Dave Ramsey se Finansiële Wysheid uit SpreukeVoorbeeld

Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs

DAG 1 VAN 10

Dag 1: Wees Kundig

Verbeel jou vir 'n oomblik dat jy 'n maatskappy genaamd JY Bpk. gestig het, en dit is jou taak om elke sent te bestuur wat die maatskappy hanteer. As jy geld vir JY Bpk. bestuur het net soos jy nou jou geld bestuur, sal jy jouself afdank?

Eina! Dit is 'n moeilike vraag, maar dit is nodig. Dit is omdat jy regtig belas is met die hantering van belangrike finansies. Jy is dalk nie die finansiële hoof van 'n groot maatskappy nie, maar jy is verantwoordelik vir die bestuur van die geld wat God aan jou toevertrou het — en dit is selfs meer belangrik!

Hoe maak jy dus seker dat JY Bpk. op ‘n stewige finansiële grondslag bly? Eerstens moet jy kundig wees!

Geld is dinamies. Dit beweeg die heeltyd en vloei voortdurend van een ding na 'n ander. Dit maak dit regtig moeilik om te bestuur, maar jy moet beheer neem. Geld vloei altyd weg van diegene wat dit nie bestuur nie en na diegene wat dit doen. Die grootste deel van die bestuur daarvan is eenvoudig om te weet wat jy het en wat jy daarmee doen.

Spreuke 27:23 ABA daag ons uit "[om te] weet wat [ons] skape en bokke nodig het ..." In antieke tye was kleinvee en kuddes 'n algemene geldeenheid. Hulle was die maatstaf van persoonlike rykdom en die grondslag vir 'n familie-erfenis. Individue wat rykdom wou versamel, het alles geweet van hul besittings wat daar te wete was.

Dit is vandag nie anders nie. As jy finansiële gemoedsrus wil ervaar, moet jy leer om wat jy het te bestuur. Jy moet doelbewus 'n nul-gebaseerde begroting op papier aan die begin van elke maand opstel. Jy moet van skuld ontslae raak. Jy moet 'n noodfonds van drie tot ses maande bou wat jou uit "krisismodus" hou. Jy moet nou spaar en belê sodat jy in die toekoms veilig kan wees.

Geld is soos 'n volbloed perd. Wanneer dit behoorlik opgelei is, kombineer dit skoonheid en krag soos min dinge op aarde. Op sy eie gelaat, word dit egter wild — selfs gevaarlik.

Ken die kondisie van jou kleinvee en let op jou kuddes. As jy nie jou geld bestuur nie, sal die gebrek aan geld jou altyd bestuur!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs

Dave Ramsey is iemand met 'n gesaghebbende mening oor geld en besigheid in Amerika. Ná sy eie bankrotskap op 30-jarige ouderdom het Dave besluit om God se metodes te ondersoek om geld te hanteer. Dave wy hom nou daaraan toe om ander te leer hoe om verantwoordelik met hul geld te wees sodat hulle 'n vrygewige lewe kan lei en 'n nalatenskap vir toekomstige geslagte kan agterlaat.

More

We would like to thank Dave Ramsey for providing this devotional. For more information, please visit: www.DaveRamsey.com