Dave Ramsey se Finansiële Wysheid uit SpreukeVoorbeeld
![Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F463%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dag 3: Spaar Vandag, Veilig Môre
Om bankrot verklaar te word, was vir my 'n wekroep. Ek het baie lekker dinge geniet, maar ek het dit alles verloor weens my gebrek aan dissipline. Toe ek dus gedwing is om weer van voor af te begin, het ek besluit om dinge die tweede keer anders te doen.
Een ding wat ek besluit het om te doen, was om die gewoontes van ryk mense aan te leer. Ek het gedink dat, as ek ryk wou wees, dit net sin sou maak om te leer (en te doen) wat ryk mense doen.
Oor die afgelope paar dekades het ek tyd saam met miljoenêrs en miljardêrs deurgebring. Ek het by hulle kers opgesteek en probeer verstaan hoe hulle hul rykdom versamel en beskerm het. Wat ek gevind het, is dat die beginsel agter Spreuke 21:20 regtig in die werklike lewe werk. Wyse mense het wel genoeg wanneer hulle dit nodig het, omdat hulle beplan vir noodgevalle. Dwase mense spandeer egter regtig alles wat hulle het — en meer — sodra hulle dit kry.
Ek het byvoorbeeld gevind dat baie ryk mense nie soos ryk mense leef nie. In plaas daarvan om met hul geld te spog, neem hulle ‘n hoër middelklas lewenstyl aan. Sommige leef selfs laer-middelklas lewenstyle — en hulle ly glad nie daaronder nie! Hulle hou net aan om dít te doen wat hulle in die eerste plek daar gekry het.
Een van die mees basiese dinge wat hulle doen, is om te spaar. In plaas daarvan om luukse items na te jaag, hou hulle aan om geld opsy te sit. Hulle gebruik steeds die krag van saamgestelde rente om welvaart te bou. Hulle dink altyd daaraan om sekuriteit vir die toekoms te skep.
Daarteenoor is baie mense soos ek was voordat ek in my twintigerjare bankrot gespeel het. Hulle het nie die dissipline om selfs die eenvoudige dinge te doen soos om geld te spaar nie. In plaas daarvan om ryk te word deur te doen wat ryk mense doen, bly hulle arm deur te doen wat arm mense doen!
Op die begrotingsvorms wat my maatskappy verskaf, is die eerste item "Gee", omdat ons wil hê jy moet God eerste eer. Die tweede item is egter "Spaar", want ons wil hê jy moet jouself betaal voordat jy iemand anders betaal.
Wyse mense spaar geld. Dit is 'n basiese, kristalhelder Bybelse beginsel. As jy egter elke sent spandeer wat deur jou vingers beweeg, raai wat? Jy is 'n dwaas! Moenie mý kwalik neem nie — God het dit gesê!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F463%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dave Ramsey is iemand met 'n gesaghebbende mening oor geld en besigheid in Amerika. Ná sy eie bankrotskap op 30-jarige ouderdom het Dave besluit om God se metodes te ondersoek om geld te hanteer. Dave wy hom nou daaraan toe om ander te leer hoe om verantwoordelik met hul geld te wees sodat hulle 'n vrygewige lewe kan lei en 'n nalatenskap vir toekomstige geslagte kan agterlaat.
More