Dave Ramsey se Finansiële Wysheid uit SpreukeVoorbeeld

Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs

DAG 2 VAN 10

Dag 2: Beplan Vooruit


Wyle Zig Ziglar het altyd gesê: "As jy na niks mik nie, sal jy elke keer die kol tref." Ek het nog altyd van daardie aanhaling gehou, want dit is 'n wonderlike herinnering aan die belangrikheid van beplanning. Jy kan kies om deur die lewe te gaan sonder 'n plan, maar jy sal nêrens uitkom nie. Enige iets van betekenis in die lewe vereis 'n bietjie noukeurige vooruit beplanning.


Jesus het 'n soortgelyke beginsel geleer toe Hy oor dissipelskap gepraat het in Lukas 14:28-30. Hy het gesê dat niemand wat 'n toring bou, sou voortgaan met die konstruksie sonder om eers te gaan sit en "die koste te bereken" nie. As die hulpbronne halfpad deur die werk opraak en die bouer moet ophou, sal mense hom immers uitlag. Die fondasie van sy toring sou 'n monument ter ere van sy onbekwaamheid word.


Wat Jesus oor dissipelskap beklemtoon het — om jou situasie te evalueer en die koste te bepaal – geld ook vir geldsake. Om vooruit te beplan is die kern van sukses. Wanneer dit by persoonlike finansies kom, beteken dit dat jy jou geld elke maand so moet aanwend dat jy 'n nul-gebaseerde begroting skep.


Om 'n begroting op te stel, behoort nie 'n rustige, toevallige nagedagte wees nie. Jy moet vir jou geld wys wie die baas is. Jy moet met jou potlood, papier en sakrekenaar gaan sit en daardie rande op verskeie maniere aanwend!


Vir 'n nul-gebaseerde begroting neem jy al jou inkomste en ken dit toe aan 'n begrotingskategorie. Elke liewe rand moet 'n naam kry en 'n taak hê — en moenie vergeet van spaar nie! Die doel is om jou inkomste minus jou uitgawes gelyk aan nul te maak. As jy meer of minder het, gaan terug en pas die syfers aan totdat jy daardie magiese nommer tref: nul!


As 'n gelowige is daar egter nog 'n deel van begroting opstel wat jy nie kan ignoreer nie. Die geld wat jy bestuur, is nie regtig jou geld nie. Dit is God se geld. Hy moet dus die finale sê hê oor waar dit heen gaan.


Salomo het gesê: "’n Mens maak baie planne ..." (Spreuke 16:1 DB). Ons verstaan dit. Ons het almal drome, waardes en passies. Hy het ook gesê dat God die Een moet wees wat ons stappe rig. Dit beteken dat elke plan — en elke begroting — wat ons maak, deur Hom gesuiwer moet word.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs

Dave Ramsey is iemand met 'n gesaghebbende mening oor geld en besigheid in Amerika. Ná sy eie bankrotskap op 30-jarige ouderdom het Dave besluit om God se metodes te ondersoek om geld te hanteer. Dave wy hom nou daaraan toe om ander te leer hoe om verantwoordelik met hul geld te wees sodat hulle 'n vrygewige lewe kan lei en 'n nalatenskap vir toekomstige geslagte kan agterlaat.

More

We would like to thank Dave Ramsey for providing this devotional. For more information, please visit: www.DaveRamsey.com