Dave Ramsey se Finansiële Wysheid uit SpreukeVoorbeeld
![Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F463%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dag 5: Gemsbok Vasbeslotenheid!
Ek het nooit veel van gemsbokke geweet nie. Ek het regtig nooit veel aandag aan hulle geskenk nie — totdat ek eendag Spreuke 6 in my stiltetyd gelees het.
Natuurlik vang enige Bybelse verwysing na skuld my oog. As die Bybel 'n manier bied om skuld vry te spring, wil ek die geheim weet! Toe ek egter merk dat hierdie antwoord op gemsbokke fokus, was ek 'n bietjie verward.
Ek was op soek na 'n groot geestelike beginsel, en God het vir my dierlike beeldspraak gegee!
God moes geweet het ek het hulp nodig, want Hy het my later die dag 'n bietjie meer insig gegee. Ek het 'n dokumentêre program oor die natuur gekyk en raai wat maak hulle opwagting? Gemsbokke! Natuurlik weet jy die gemsbokke was nie alleen daar nie! Kort voor lank daag meneer Jagluiperd op, op soek na middagete. Skielik het God my aandag gehad.
Die jagluiperd het uit sy skuilplek gespring en die gemsbokke het in 14 verskillende rigtings gespaander. 'n Gemsbok kan weliswaar nie vir die wêreld se vinnigste landdier weghardloop nie, maar dit kan lank genoeg sigsag hardloop om hom uit te put. Dit is presies wat gebeur het.
Ek het geleer dat jagluiperds selde hierdie wedlope wen. Omdat die gemsbok so gefokus is om alles te doen wat nodig is om te oorleef, vang die jagluiperd dit net omtrent een keer uit elke 19 pogings. Dis wat ek vasbeslotenheid noem!
Daardie dokumentêr het my gehelp om die verwysing na die wildsbok in Spreuke 6:5 te verstaan. Die enigste werklike manier om skuld te klop, is om vasbeslote te wees! Jy moet hard werk. Jy moet veg vir oorlewing. Jy moet hardloop vir jou lewe!
Die waarheid is, jy sal nooit uit die skuld uit drentel nie. Jy sal nie uitstap nie. Dit sal nie per toeval gebeur nie. Jy kom net daaruit as jy jou oë op die doel rig en jou skuld aanval met gemsbok-vasbeslotenheid!
Ons het almal 'n plan vir ons geld nodig. Ons het Financial Peace University geskep om mense te leer hoe om geld op God se manier te hanteer. As jy belangstel om gemsbok-vasbeslotenheid te kry en te leer hoe om van skuld ontslae te raak, jou geld te bestuur, verstandig te spandeer en te spaar, besoek daveramsey.com/fpu om meer te wete te kom.
Aangaande hierdie leesplan
![Dave Ramsey’s Financial Wisdom From Proverbs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F463%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dave Ramsey is iemand met 'n gesaghebbende mening oor geld en besigheid in Amerika. Ná sy eie bankrotskap op 30-jarige ouderdom het Dave besluit om God se metodes te ondersoek om geld te hanteer. Dave wy hom nou daaraan toe om ander te leer hoe om verantwoordelik met hul geld te wees sodat hulle 'n vrygewige lewe kan lei en 'n nalatenskap vir toekomstige geslagte kan agterlaat.
More