’n Lewe van gebedVoorbeeld
Geduldige geloof
Geloof vereis dikwels dat ’n mens geduldig op God sal wag en ook om gewillig te wees om te wag wanneer dit lyk of Hy talm om ons gebede te verhoor. Geloof word nie moedeloos wanneer gebed nie dadelik beantwoord word nie. Dit glo God en wag op sy volmaakte tydsberekening.
Daar gaan vir seker oponthoude en wagtye vir ware geloof wees, maar geloof aanvaar dit so. Geloof weet gebede gaan nie dadelik beantwoord word nie en sien sulke wagtye as tye van toetsing waarin jy bevoorreg is om te wys dat jy dapper kan volhard.
Here, help my asseblief om geduldig te wag vir u antwoorde op gebed. Dankie dat my geloof in U voorkom dat ek mismoedig word. Amen.
Hierdie oordenkings is geneem uit ’N LEWE VAN GEBED deur E.M. Bounds © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
“God seën die bidder wat met sy hele wese bid. Wanneer ons bid, dink ons helderder, verstaan ons beter en kan ons nugterder redeneer.” Dit is E.M. Bounds se aanmoediging vir jou om elke dag te bid. In hierdie sewe kort en kragtige gedagtes oor gebed herinner hy jou hoe belangrik gebed is wanneer jy Goddelike leiding soek om wyse besluite te neem.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/