’n Lewe van gebedVoorbeeld
Kragtige gebed
Die mens het ’n ingebore behoefte aan gebed. Die hele skepping roep uit in gebed.
Gebed bestaan omdat die mens bestaan en omdat God bestaan. Gebed is gebore uit die instink, behoeftes, begeertes en die wese van die mens.
Daar is geen beperkings op God se vermoë om deur opregte gebed te red nie. Die moontlikhede van gebed is gekoppel aan die oneindige regverdigheid en almag van God. Daar is niks wat te moeilik is vir God nie.
Here, omdat alles moontlik is by U, weet ek dat die moontlikhede van gebed eindeloos is. Al wat ons moet doen, is vra. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
“God seën die bidder wat met sy hele wese bid. Wanneer ons bid, dink ons helderder, verstaan ons beter en kan ons nugterder redeneer.” Dit is E.M. Bounds se aanmoediging vir jou om elke dag te bid. In hierdie sewe kort en kragtige gedagtes oor gebed herinner hy jou hoe belangrik gebed is wanneer jy Goddelike leiding soek om wyse besluite te neem.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/