’n Lewe van gebedVoorbeeld

’n Lewe van gebed

DAG 1 VAN 7

Toegewyd tot gebed

Gebed raak ’n mens se hele wese. Wanneer iemand bid, bid hy met sy hele wese. Wanneer iemand voordeel trek uit gebed, raak dit sy hele wese.

’n Mens wat homself volkome in gebed toewy aan God is ook die persoon wat die meeste voordeel uit gebed trek.

Dit is die geheim tot volkome toewyding en die soort gebed wat die meeste vrug tot gevolg het.

Here, ek wil myself volkome in gebed aan U gee sodat ek vrug sal dra tot u eer. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

’n Lewe van gebed

“God seën die bidder wat met sy hele wese bid. Wanneer ons bid, dink ons helderder, verstaan ons beter en kan ons nugterder redeneer.” Dit is E.M. Bounds se aanmoediging vir jou om elke dag te bid. In hierdie sewe kort en kragtige gedagtes oor gebed herinner hy jou hoe belangrik gebed is wanneer jy Goddelike leiding soek om wyse besluite te neem.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/