Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Anxiety

DAG 7 VAN 7

Om in die oomblik te lewe, kan moeilik wees. Dit is moeilik om net vandag te geniet — wat ons vandag het, en met wie ons dit vandagervaar. Daar is soveel dinge wat ons aandag vereis, eise op ons skedules en geestelike energie. Soms voel dit asof dit onmoontlik is om op vandag te konsentreer, want ons dink alreeds aan môre.

Jesus het vir ons gesê om iets ingrypend te doen — Hy het vir ons gesê om ons nie oor môre te bekommer nie. Hy sê in Matteus 6:34 dat Hy ons sal toerus om slegs vandag se probleme te hanteer — nie môre, volgende week of volgende maand s'n nie.

Sommige dae is dit moeiliker as ander. Dit is vir my maklik om nie oor môre bekommerd te wees nie wanneer "môre" veronderstel is om 'n ontspanne Saterdag sonder verpligtinge te wees. Maar dit word baie moeiliker as "môre" die dag is waarop ek daardie groot vergadering (of tandarts afspraak) het!

As ons oor môre bekommerd is en wat dit ook al kan bring, probeer ons om iets te beheer wat eintlik onder sy beheer is, nie ons s'n nie. As ons eerlik met onsself is, het ons regtig geen idee wat môre kan gebeur nie. Ons weet selfs nie eens wat later vandag gaan gebeur nie! Ons ken egter die Een wat vandag beheer. En môre. En tot in ewigheid.

Rus vandag in daardie feit. Geniet hierdie oomblik, vandag, in die wete dat God vandag en môre in sy hande het. Laat sy vrede "vandag" betekenisvol maak.

Casey Case
YouVersion Ondersteuningsleier

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Anxiety

Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion personeellede jou om waarhede uit die Woord van God toe te pas op alles wat jy vandag in die gesig staar. Elke dag se oordenking sluit 'n Versbeeld in wat jy kan deel, oor dit wat God vir jou sê.

More

Hierdie leesplan is geskryf en verskaf deur die YouVersion span. Besoek youversion.com vir meer inligting.