Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs SêVoorbeeld
Angs kan onvoorspelbaar wees. Die een oomblik gaan alles goed. Die volgende, word jy meegesleur in 'n golf van verlammende emosionele en geestelike chaos. Jy haal diep asem. Maak jou oë toe. Jy doen die kalmerende fisieke reaksies wat jy geleer is om te doen wanneer jy angs ervaar. Tog, angs affekteer ons nie net liggaamlik nie. Dit neem alles oor.
Dit is die rede waarom ons ons fisieke reaksies met geestelike waarhede moet bymekaar bring omdat dit ons help om ons fokus te verskuif. Ons gedagtes moet rus vind. Die Bybel help ons om ons harte te herkalibreer en te kalmeer.
Eerstens, moet ons onsself met die Skrif bewapen wanneer ons in die regte gemoedstoestand is, sodat ons gereed is om te veg wanneer ons aangeval word. Memoriseer Skrifgedeeltes wat jy as wapens kan gebruik wanneer die golwe van angs jou tref. Daardie verse herinner ons aan die waarheid oor God en lei ons aandag van die donker plekke af weg.
Jesaja 12:2 sê vir ons dat ons op God kan vertrou om ons te red, en dat ons nie bang hoef te wees nie. Hoe kragtig is dit nie? Ons hoef nie te vrees nie. Ons kan God vertrou. Hy sal ons red. Hy is Heer. Hy heers oor alles, en Hy kan ons red, ongeag hoe ver ons verdwaal het. Hy is daar.
Wanneer ons ons gedagtes met sulke waarhede vul, gee ons God toestemming om die las van ons swaar belaaide harte te neem en ons rus te gee. Hierdie waarhede gee ons ook die krag om die stryd te stry en te wen.
Herhaal hierdie waarhede totdat jy voel hoe die golwe angs jou verlaat, want die herhaling van waarhede stel ons vry van die leuens van angs.
God verwag hierdie soort afhanklikheid van ons. Ons hoef nie te wag vir 'n traumatiese geestelike stryd om oor sy Woord na te dink nie. Ek glo as my verstand op die waarheid van die Skrif gefokus is, die oorsaak van die angs wat my vroeër oorweldig het, dan minder krag het (sien Romeine 8:6).
Nader God deur sy Woord. Laat dit jou gedagtes oorneem en jou siel se angs, wat onder die oppervlak lê, genees. Kies om jou vrees vir Hom te gee. Vertrou op Hom om jou te red.
Jessica Penick
YouVersion Inhoudsbestuurder
Aangaande hierdie leesplan
Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion personeellede jou om waarhede uit die Woord van God toe te pas op alles wat jy vandag in die gesig staar. Elke dag se oordenking sluit 'n Versbeeld in wat jy kan deel, oor dit wat God vir jou sê.
More