Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs SêVoorbeeld
![7 Things The Bible Says About Anxiety](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4538%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Jy sal altyd probleme in jou lewe hê. As gevolg van ons sondige karakter en die slinkse planne van die vyand, kan probleme oral gevind word. Ons behoort nie verras te wees dat ons probleme het nie; Jesus sê duidelik dat ons probleme in hierdie wêreld sal hê. Hoekom sou Hy dit sê? Omdat Hy eerlik is, en vir ons lief is. Deur ons vroegtydig voor te berei, help Jesus ons om twyfel en vrees te vermy wanneer ons onsself in moeilike tye bevind.
Jesus het ons gewys hoe nederige gehoorsaamheid lyk. Hy was gehoorsaam in baie moeiliker situasies as wat die meeste van ons ooit in die gesig sal staar — selfs tot die dood aan die kruis. Nou sit Hy aan die regterhand van God die Vader waar Hy vir ons intree. Ons kan troos vind in die wete dat ons 'n vriend het wat met ons swakhede medelye het.
Ons kan fees vier, want ons weet dat elke moeilike reis ons nader aan Christus en sy ewige koninkryk trek. Dit is ons hoop: Jesus Christus het vir altyd die sonde en die dood oorwin. Die dood kon Hom nie hou nie, die graf kon Hom nie vashou nie, die krag van die sonde kon Hom nie verslaan nie, en die duisternis kon nie oor Hom heers nie!
Aangesien Christus se werk aan die kruis klaar is en ons toelaat om kinders van God te wees, kan ons ook sonde oorkom. Jesus het alreeds die wêreld oorwin — en dit sluit elke moeilike situasie in die wêreld in. Nou kan ons uitsien na ons ewige tuiste by Jesus.
Jacob Allenwood
YouVersion Webontwikkelaar
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![7 Things The Bible Says About Anxiety](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F4538%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion personeellede jou om waarhede uit die Woord van God toe te pas op alles wat jy vandag in die gesig staar. Elke dag se oordenking sluit 'n Versbeeld in wat jy kan deel, oor dit wat God vir jou sê.
More