Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs SêVoorbeeld
Soms gebeur dinge wat jy nie kan beheer of voorspel nie. Jy raak angstig wanneer jy tyd daaraan wy om oor die einste dinge te tob. Of jy nou bekommerd is oor 'n sperdatum of gedurig geteister word deur oordrewe besorgdheid vir geen rede nie — jy is nie alleen nie. Selfs al kan jy jou dit nie indink nie, God het 'n oorvloed van hoop opgeberg vir diegene wat — te midde van chaos — lank genoeg talm om sy stem te hoor.
Romeine 15:13 is 'n gebed van die apostel Paulus vir sommige Christene in Rome, maar as jy luister, kan jy God se stem hoor wat met jou praat. Paulus kies sy woorde versigtig as hy praat van "die God van hoop." Het jy dit gesnap? Hoop maak deel uit van God se karakter. Maar Paulus vra nie bloot vir God om hul angs weg te neem nie. Kan God dit wegneem? Natuurlik, maar hy het geweet dat die Romeine weer in dieselfde bootjie sou wees as hulle nie hul denke verander nie. In plaas daarvan het hy God gevra om hulle met baie vreugde en vrede te vul, want as jy werklik met vreugde en vrede vervul is, is daar geen plek vir angs nie.
Dit is tog nie heeltemal so eenvoudig nie. God kon die Romeine van sy oneindige voorraad vreugde en vrede voorsien, hul geestelike tenks opvul en absoluut geen ruimte los waar angs weggesteek kon word nie. God het egter geweet as hulle nie hul verstandelike gewoontes verander nie, sal vreugde en vrede uiteindelik plek maak vir angs. Hy het dus een ding nodig gehad voordat Hy die hemelse vreugde en vrede kon loslaat. Die volgende gedeelte van die sin sê: "soos jy op Hom vertrou."
Sien jy dit nou? Vertroue is die sleutel tot die deur van 'n angs-verpletterende vloed vrede en vreugde. Vertrou jy God? Nie net oppervlakkige, lippediens vertroue nie — maar die soort vertroue wat jou toelaat om jou hande weg te neem van dit waaraan jy so styf vashou.
Is vertroue 'n towerstaffie? Nee. Daar is geen towerstaffie wat onmiddellik alle spore van diepgewortelde biologiese angs kan verwyder nie. Maar God is steeds betroubaar. Om Hom te vertrou, lei nog steeds jou denke en gees na genesing. Hy kan die Rots wees waarop jy staan en vasklou terwyl jy aanhou om teen angs se greep op jou liggaam te veg.
God is ons diepste vertroue waardig. Wanneer jy Hom vertrou, vul Hy jou met soveel vreugde en vrede dat jy letterlik oorloop van hoop. Jy het dalk geen idee hoe dit voel nie, en dit mag dalk moeilik wees om God te vertrou, maar die wese van geloof is om die kans te vat wanneer jy nie presies weet wat volgende gaan gebeur nie.
Kan jy die moed vind om jou hande weg te neem van die dinge wat jy vasklou en vandag op God vertrou?
Michael Martin
YouVersion Webontwikkelaar
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion personeellede jou om waarhede uit die Woord van God toe te pas op alles wat jy vandag in die gesig staar. Elke dag se oordenking sluit 'n Versbeeld in wat jy kan deel, oor dit wat God vir jou sê.
More