Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs SêVoorbeeld
In die boek Romeine sê Paulus dat die oomblik wanneer jy bely dat Jesus jou Here en Verlosser is, word jy in God se familie aangeneem en word Hy jou Vader. God is geen gewone pa nie. Jou aardse vader is menslik en sondig, wat beteken dat hy jou in die verlede al teleurgestel het ... en dat hy jou waarskynlik in die toekoms weer sal teleurstel.
God is egter volmaak en goed. Hy sal jou nooit in die steek laat nie. Sefanja 3:17 beskryf jou hemelse Vader se aangrypende liefde vir jou: Hy is by jou, Hy is vol vreugde oor jou, en Hy jubel en juig oor jou! Sefanja sê dat God ook jou beskermer en trooster is. "Hy is stil-tevrede in sy liefde vir jou."
Psalm 139 sê dat God al voor jou geboorte by jou was, en dat Hy met jou sal wees waar jy ook al gaan. Jy is die meesterstuk van sy skepping, en Hy is jou grootste ondersteuner terwyl jy alles waarvoor Hy jou geskape het om te wees, ontdek en uitleef.
Stel jou dit voor: 'n kind lê en slaap in die bed terwyl 'n donderstorm al hoe hewiger word met die verloop van die nag. 'n Skielike flits van die weerlig en 'n donderslag laat die kind wakker skrik, en na 'n hulpgeroep, haas 'n liefdevolle pa hom soontoe en neem die kind in sy arms. Net soos daardie ouer is God altyd vir jou beskikbaar. In sy liefde, sal Hy al jou vrese kalmeer.
Kylyn Hersack
YouVersion Android Ingenieur
Aangaande hierdie leesplan
Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion personeellede jou om waarhede uit die Woord van God toe te pas op alles wat jy vandag in die gesig staar. Elke dag se oordenking sluit 'n Versbeeld in wat jy kan deel, oor dit wat God vir jou sê.
More