Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs SêVoorbeeld

7 Things The Bible Says About Anxiety

DAG 5 VAN 7

In hierdie lewe, sal jy baie moeilike omstandighede in die gesig staar. As jy nie vir hierdie werklikheid voorbereid is nie, kan dit spanningsvol wees wanneer hulle opdaag. Een manier waarop jy sulke angs kan beveg, is om jouself met die regte mense te omring — diegene wat jou daardeur kan help. As 'n uitdaging te groot lyk om te oorkom, sal dit help of selfs die probleem kan oplos as jy bereid is om dit met ander mense te deel.

Jesus gee jou hierdie vrede op 'n ander vlak. Hy is altyd by jou, waar en wanneer jy Hom nodig het. Wanneer daar uitdagings in jou lewe kom, is dit gerusstellend om te weet dat Jesus daar is om jou te help om enige hindernis te oorkom. Soos jy nader aan Hom beweeg, sal jy begin om meer vrede te ervaar — selfs in moeilike omstandighede ... selfs terwyl jy angs beveg.

Wanneer jy jou vertroue in die Here plaas, eerder as in jouself (of in jou omstandighede), sal die lewe se swaarkry nie so moeilik wees nie. Jy sal minder bekommernisse en meer vrede hê omdat jy weet dat Jesus saam met jou gaan deur alles waarvoor jy te staan kom. Net soos meer kennis jou kan help met 'n toets of 'n projek, kan die groei van jou geloof jou help om op Jesus staat te maak.

Jy hoef nie alleen daardeur te gaan nie. Jesus is daar vir jou. Lê jou angstige gedagtes voor Hom neer, want Hy gee vir jou om.

Ryan Ackermann
YouVersion iOS Ontwikkelaar

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Things The Bible Says About Anxiety

Elke dag het die potensiaal om komplekse nuwe uitdagings in ons lewens te bring. Dit is egter ewe waarskynlik dat elke nuwe dag vir ons opwindende nuwe geleenthede kan skenk. In hierdie 7-dag leesplan, help YouVersion personeellede jou om waarhede uit die Woord van God toe te pas op alles wat jy vandag in die gesig staar. Elke dag se oordenking sluit 'n Versbeeld in wat jy kan deel, oor dit wat God vir jou sê.

More

Hierdie leesplan is geskryf en verskaf deur die YouVersion span. Besoek youversion.com vir meer inligting.