AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 20 VAN 29

Nuwe Vrou In Christus

Lees Efesiërs 4:17–24

SOAP Efesiërs 4:22–24

Oordenking

In Christus kan jy verander. Jy word nuut gemaak. Dit beteken dat jy nie hoef te dink soos jy vroeër gedink het nie. God is kragtig genoeg om jou van binne na buite te transformeer en dit sluit die transformasie van jou verstand en jou gedagtes in. Jy volg nie jou ou manier van leef en dink slaafs na nie. As gevolg van Jesus kan jy vorentoe kyk na 'n nuwe en beter toekoms.

Maar moenie moedeloos word as die verandering tyd neem nie. God se transformasiewerk gebeur nie alles oornag nie, maar dit is 'n proses — en dikwels 'n pynlike een. Ons ou sondige self moet elke dag doodgemaak word terwyl ons ons aan God se Gees oorgee om die transformerende werk in ons te doen. Sommige van ons ou gewoontes en denkpatrone kan maande, selfs jare neem om te verander. Onthou net, die tydlyn is nie wat belangrik is nie; wat saak maak, is ons gehoorsaamheid soos ons groei om meer en meer soos Jesus te lyk.

Neem dus jou nuwe identiteit in Christus met ope arms aan en word 'n lewende getuienis van sy liefde en genade, wat 'n lig in die duisternis is en ander wys dat God enigiemand kan verander. Laat jou lewe 'n verheerlikende, genadekleurige doek word waarop God die mooiste verhaal van verlossing en herstel skilder en laat ander weet dat hulle ook lewens vol genade en vryheid in Christus kan beleef as hulle kies om hul lewens afgesonder vir God te leef. Jou vorige manier van lewe het verdwyn. Jy is nuut geskape in Christus. Omhels jou nuwe begin.

Gebed

Liewe Jesus, dankie dat U my 'n nuwe skepping in Christus gemaak het. Help my om my nuwe identiteit met ope arms aan te neem en te leef in die vryheid wat U bied deur u lig te laat skyn vir almal om te sien. Amen.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/