AfgesonderVoorbeeld
Dien Ander
Lees Markus 10:42–45
SOAP Markus 10:45
Oordenking
Dit is ongelooflik om te besef dat die Koning van die konings wat die aarde en almal daarin geskep het Homself verneder het deur te kies om diegene wat Hy gemaak het, te dien. In Markus 10 sien ons hoe Jesus ‘n belangrike gesprek met sy dissipels voer oor wie die grootste in sy koninkryk is. Tot die dissipels se verbasing het Jesus daarop gewys dat ware grootheid nie daaruit kom om gedien te word nie, maar om ander te dien. Die lewe gaan nie oor titels, mag of posisies nie. Dit gaan nie oor by wie jy sit nie, maar eerder wie jy dien. Jesus het die grootste ongelooflike voorbeeld gestel deur te dien tot die punt om sy lewe as ‘n losprys vir almal te gee.
Hierdie anderste manier van lewe is die voorbeeld wat Jesus ook vir ons stel. As sy volgelinge is ons geroep om dieselfde te doen, maar weet jy wat? Dit is nie altyd so maklik nie, of hoe? Die wêreld sê vir ons om uit te kyk vir nommer een: jouself. As jy nie uitkyk vir jouself nie, wie anders sal? Volgens die wêreld is die belangrikste in jou lewe jou geluk en nie jou heiligheid nie.
Jesus roep ons tot ‘n ander manier van lewe. Hy roep ons om ander te dien en lief te hê, selfs wanneer dit ongemaklik of ongerieflik is. Hoekom? Wanneer ons Christus se voorbeeld volg om ander te dien en hulle behoeftes bo ons eie te stel, wys ons sy liefde en genade aan die wêreld. Wanneer ons kies om soos Jesus te lewe, getuig ons van die omvormende krag van die evangelie. Ons word ‘n lig in die duisternis wat die hart van Jesus weerspieël aan diegene rondom ons.
Die manier om ander te dien verskil van persoon tot persoon. Die sleutel om ander te dien is om God vir leiding te vra en bereid te wees om in geloof op te tree wanneer Hy ons geleenthede wys om te dien en afgesonder te lewe.
Gebed
Liewe Jesus, help my om ander te dien met dieselfde liefde en nederigheid wat U betoon het. Help my om diegene te dien wat U in my lewe geplaas het deur u hart aan ‘n seer wêreld te weerspieël. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/