AfgesonderVoorbeeld

Spreek die Waarheid in Liefde
Lees Efesiërs 4:14–16
SOAP Efesiërs 4:15
Oordenking
Ek weet dat die gedagte om die waarheid in liefde te praat jou dalk siek kan laat voel. Dit is moeilik om onwrikbaar oor die waarheid te wees maar deernisvol teenoor ander en nie bang te wees vir wat hulle mag sê of dink nie. Alhowel ek nooit sal beweer dat ek dit perfek in my lewe uitleef nie en erken dat ek al baie foute op hierdie gebied gemaak het, het ek een geheim geleer: Wanneer ek wel geroepe voel om die waarheid te spreek tot iemand, maak ek seker dat die rede waarom ek met hulle praat is as gevolg van my liefde en deernis vir hulle. Motivering is die sleutel. Wanneer ek gemotiveer word deur my liefde vir daardie persoon en my liefde vir God kan ek die waarheid in liefde spreek.
Jesus het vir ons die perfekte voorbeeld gestel van hierdie delikate balans. Wanneer ons kies om die waarheid in liefde te spreek, volg ons Christus se voorbeeld in ‘n wêreld waar mense dikwels prioritiseer om ander te behaag eerder as om eerlik te wees.
Die keuse om die waarheid te spreek moet in liefde gedoen word. Dit moet nie in woede of met eiewaan gespreek word nie. Inteendeel, dit kan wees om jou besorgdheid te deel met 'n vriendin oor haar onlangse besluite of om ‘n moeilike gesprek te hê met ‘n geliefde oor hul ongesonde gedrag wat vir jou besordheid oor hul toekoms veroorsaak. Wanneer ons die waarheid in liefde spreek, wys ons ons liefde vir die persoon en verwys hulle terug na Jesus.
Om die waarheid in liefde te spreek beteken ook nie om mooi praatjies te praat of die moeilike gesprekke te versag of te vermy wanneer dit nodig is nie. Inteendeel, dit beteken om hierdie situasies in gebed en met genade, begrip en liefde te benader en om die ander persoon te sien floreer in hul lewenswandel met God.
Moenie dat vrees jou keer om die waarheid in liefde te spreek nie. Bid en vertrou dat God jou in hierdie oomblikke sal lei. Wanneer jy kies om Christus se voorbeeld te volg, sal jy die vreugde en vryheid ervaar wat kom wanneer jy ‘n lewe van waarheid en liefde leef deur die moeilike te kies wanneer dit tot voordeel van die individu is.
Gebed
Liewe Jesus, dankie dat U my leer hoe belangrik dit is om die waarheid in liefde te spreek. Help my om moedig te wees in my gesprekke en om dit altyd 'n prioriteit te maak om bo enige iets anders die waarheid in liefde te spreek. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/