AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 27 VAN 29

Seksueel Rein

Lees 1 Tessalonisense 4:1–8

SOAP 1 Tessalonisense 4:3–5, 7

Oordenking

So baie mense worstel daarmee om te weet wat God se wil vir hul lewens is en tog lees ons duidelik in 1 Tessalonisense 4:3 dat dit God se wil vir ons is om 'n heilige, regverdige lewe te leef. Eenvoudig gestel, dit beteken dat God wil hê dat ons moet wegbly van seksuele immoraliteit, wat enige seksuele aktiwiteit buite die huweliksverbond tussen een man en een vrou insluit. Die waarheid is, wanneer ons kies om seksueel heilig te wees, ons 'n dapper en pragtige verklaring maak dat ons aan God behoort en dat ons begeer om Hom met ons liggame te eer.

Om seksueel rein te wees mag kontra-kultureel en 'n uitdaging wees, maar dit is 'n keuse wat beide seën en vrede bring. Ons kultuur verkondig die boodskap dat ons ongeërg oor seks kan wees en dat dit geen gevolge dra nie, maar God se Woord openbaar die teenoorgestelde. Wanneer ons in seksuele suiwerheid wandel, beskerm ons ons harte, verhoudings en huwelike van onnodige pyn en hartseer.

Dit is egter belangrik om te onthou dat genade van God oorvloei na jou as 'n kosbare dogter van die Koning. Jou waarde word nie bepaal deur jou foute of die standaarde van die gemeenskap nie. Indien jy in hierdie area gesondig het, bely dit teenoor God. Vra sy vergifnis en Hy sal jou volkome reinig. Hy wil genesing, herstel en volkomenheid in jou lewe bring. Sy barmhartigheid is elke oggend nuut.

Vandag kan 'n nuwe begin wees ongeag van jou verlede. Kies vandag om 'n lewe te leef wat afgesonder is vir God en Hom eer. Leef in die vryheid en vreugde wat kom wanneer jy in sy weë wandel.

Gebed

Liewe Jesus, help my om in reinheid te wandel en U met my liggaam te eer. Versterk my om keuses te maak wat u liefde en heiligheid weerspieël. Amen.

Dag 26Dag 28

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/