AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 28 VAN 29

Ons Liggame is 'n Tempel

Lees 1 Korintiërs 6:12–20

SOAP 1 Korintiërs 6:19–20

Oordenking

Wanneer ons kies om die ongelooflike liggame wat God ons gegee het te koester, te versorg en rentmeesters daarvan te wees, eer ons Hom. Om rentmeesters van ons liggame te wees beteken dat ons daaglikse keuses vir God belangrik is, van hoe ons ons liggame voed tot hoe ons aantrek of wat ons sê.

In 1 Korintiërs 6:19–20 leer Paulus ons dat ons liggame heilig is. Dit is die woonplek van die Heilige Gees en ons moet dit dus versorg as sy woonplek. Wanneer ons ons liggame as tempels hanteer, wys ons vir die wêreld dat ons aan God behoort. Ons demonstreer dat ons identiteit in Christus ons van die wêreld afsonder en ons nooi ander uit om sy transformerende krag in ons lewens te sien.

Ons moet die liggame wat God vir ons gegee het versorg tot die beste van ons vermoë volgens ons persoonlike omstandighede. Waar moontlik, moet ons gesonde kos eet, genoeg rus kry en aktief bly. Die heel belangrikste is dat ons nie ons liggame moet gebruik vir aktiwiteite soos verslawing of immorele gedrag wat God onteer nie.

Wanneer ons vir ons liggame sorg, offer ons ons liggame as lewende offers vir God wat vir Hom aanneemlik is (Romeine 12:1). Wanneer ons dit doen, word ons siele verfris en ons harte meer ingestel op sy stem.

Wanneer ons kies om lewens te leef wat afgesonder is tot die eer van God deur rentmeesters te wees van ons liggame, is dit nog 'n manier om God se goedheid en glorie aan 'n wêreld wat ons dophou te wys.

Gebed

Liewe Jesus, dankie dat U my liggaam 'n tempel vir u Heilige Gees gemaak het. Help my om 'n rentmeester van my liggaam te wees op 'n manier wat U eer en glorie bring. Amen.

Dag 27Dag 29

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/