AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 21 VAN 29

Moenie Bang Wees Nie

Lees Jesaja 41:10

SOAP Jesaja 41:10

Oordenking

Kan jy jou voorstel om jou lewe sonder vrees te leef? Hoe sou dit lyk? Hoe sou jou lewe verander? Ek weet dit is moeilik om ons te probeer indink dat ons lewens sonder vrees kan hê en tog sê God vir ons oor en oor om nie te vrees nie. Om te kies om sonder vrees te lewe is nog 'n manier waarop ons kan kies om 'n lewe te lei wat afgesonder is tot God se eer.

Wanneer ons vrymoedig is in ons geloof en God op sy Woord neem, kies ons om teen die kultuur van die wêreld te lewe. Ongelukkig wil die wêreld hê ons moet as gevangenes lewe, vasgebind en verstrengel in vrees: vrees vir ons toekoms, die "wat as" wat ons gedagtes in die middel van die nag teister en om nie genoeg te hê of te wees nie.

Tog sê God in Jesaja 41:10 vir ons om nie te vrees nie. Hoekom? Omdat Hy by ons is. Hy is ons krag. Hy is ons hulp. Hy is die een wat kragtig genoeg is om ons op te hou. En as gevolg van hierdie waarheid hoef ons nie in vrees te lewe nie. God ken ons toekoms en Hy is reeds daar. Ongeag die stryd, uitdagings of hartseer wat oor ons pad mag kom, ons is nooit alleen nie.

Moenie jou vrese oor en oor in jou gedagtes herhaal nie. Herhaal eerder God se beloftes.

Wanneer jy hierdie waarheid begryp, kan jy met selfvertroue enige uitdaging, hindernis en omstandighede wat oor jou pad kom, die hoof bied. Kies vandag om vreesloos te lewe met die wete dat God aan jou sy is. Wanneer jy kies om God op sy Woord te neem in plaas daarvan om aan wanhoop toe te gee en geloof bo vrees kies, kies jy om afgesonder te lewe.

Gebed

Liewe Jesus, dankie vir die belofte dat U met ons is en dat U ons sal versterk en onderhou. Help ons om vrymoedig te lewe, sonder vrees, om die lewe waartoe U ons geroep het, te omhels. Amen.

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/