AfgesonderVoorbeeld
![Afgesonder](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42905%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Vertrou op die Here
Lees Spreuke 3:5–6
SOAP Spreuke 3:5–6
Oordenking
As jy soos ek is, vind jy soms dat jy dinge heeltemal te veel oordink. Ek vind dikwels dat my gedagtes afdwaal op paaie waar dit nie behoort te wees nie. Wanneer dit gebeur, begin bekommernisse en "wat as" denke my gedagtes vul en my hart kwel. Dit is in daardie oomblikke dat ek in die versoeking kom om op my eie begrip staat te maak om die probleem vanuit my beperkte oogpunt op te los. Ek betrap myself dat ek op my eie redenasies steun of na goddelose raad van vriende of familie luister in plaas daarvan om na God te gaan. In plaas daarvan om die situasie aan Hom oor te gee, sy wysheid te soek en Hom te vertrou om vir my wysheid en insig in die probleem te gee, wil ek dit met my krag en kennis oplos.
Ek weet dit kan soms moeilik wees om God met jou hele hart te vertrou. Om God so te vertrou, beteken dat jy volkome toegewy aan Jesus alles by sy voete kom neersit en Hom vertrou om die werk te doen. Dit is skrikwekkend om so kwesbaar te wees en tog is dit juis wanneer ons kies om in God se wysheid en onveranderlike karakter te glo dat ons soos 'n baken van lig teen die duisternis uitstaan, heeltemal afgesonder. In daardie tye openbaar ons aan ander dat ons fondament wat op God se Woord gebou is, sterker is as die verskuiwende sand van menslike wysheid.
Ek weet om op die Here te vertrou is nie altyd maklik nie, maar dit is altyd die moeite werd. Wanneer ons kies om Hom in al ons weë te ken, belowe Hy om ons paaie gelyk te maak. Hy sal ons deur die onsekerheid van ons lewens lei, die mis van verwarring wegneem en ons duidelikheid gee wanneer ons in geloof wandel. God belowe dat wanneer ons Hom vertrou en ons weë aan Hom onderwerp, Hy ons paaie gelyk sal maak.
Gebed
Hemelse Vader, dankie dat U my vaste Rots en my bron van wysheid is. Help my om U met my hele hart te vertrou en nie op my eie begrip te steun nie, maar om alles aan U te onderwerp. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Afgesonder](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F42905%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/