'n Goddelike LeweVoorbeeld
ALLES IS GENADE
“Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dan ontvang het, waarom stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie?” 1 Korintiërs 4:7.
Wat het julle wat julle nie ontvang het nie? vra Paulus vir die gemeente in Korinte. Alles wat hulle het en is, is genade, vertel hy vir hulle, en daarom mag die een nie hulle oor die ander aanstel nie.
Vat jy ooit tyd om te dink dat alles wat jy het, alles wat jy is, net genade is? Dat dit wat ons het, al het jy hard daarvoor gewerk, dit eintlik nie verdien nie? Dat jy gesond is, en in ‘n goeie huis bly. Dat jy kaste en laaie vol klere het, en dat jou kinders pragtig en gesond is. Dat jy instaat is om vir die man/vrou wat jy liefhet te kan versorg. Baie kos in jou koskas en yskas het – alles maar alles is net genade!
Sou daar dalk van hierdie goed in ons lewe tekort wees en jy nie alles is oorvloed het nie, sprei God steeds sy genade oor ons uit. Daar is NIKS wat ons besit wat nie van God af kom nie. Ons moet egter pasop dat ons nie op ‘n plek kom waar ons dinge as vanselfsprekend aanvaar nie. Die Engelse woord vir vanselfsprekend is “complacent” wat gemaklik beteken.
Soms verloor mens juis hierdie goed voor jy dit regtig na waarde skat. Geniet die mooi en die lekker wat elke dag oor jou pad kom … sê vir die Here dankie daarvoor. Moet dit nooit as ‘n reg teenoor jouself beskou nie – want dit is eintlik net ‘n voorreg. Laat dit waar word van jou!
Gebed
“Hemelse Vader, vergewe my asseblief dat ek alles wat ek so genadiglik uit u hand ontvang soms as my goeie reg beskou. Dat ek soms my dalk aanstel omdat U u hand vir my oopgemaak het. Help my asseblief om nooit weer iets as vanselfsprekend te beskou nie. Dankie Jesus. In die Naam van Jesus. Amen!”
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
'n Goddelike lewe voel soms onbereikbaar ver, maar deur die Woord daagliks te bestudeer word dit makliker. Hierdie 10-Dag leesplan is 'n hulpmiddel vir jou pad. 'n Pad wat nie net eenmaal geloop word nie maar daagliks gewandel moet word om jouself te bewapen vir die aanslae van die lewe, die kinkels en draaie en die onverwagte mooi oomblikke van genade.
More
Ons wil graag Worthy Ministry Brakpan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://worthyministry.wixsite.com/brakpan