'n Goddelike LeweVoorbeeld
VERSKONINGS VERSKONINGS
“Maar toe sê Moses: 'Sê nou die Israeliete glo my nie en hulle luister nie na my nie en hulle sê die Here het nie aan my verskyn nie?' Toe vra die Here vir hom: 'Wat het jy in jou hand?'” Eksodus 4:1-2.
Soos ons, het Moses ‘n string verskonings waarom hy nie die regte een is om te gaan nie … Wanneer God met ons praat het ons ook verskonings …
Kyk egter wat doen die Here met Moses se verskonings: Hy gebruik die hout staf wat Moses in sy hand het om ‘n wonderwerk te doen, sodat beide die Farao en die Israeliete kon glo dat hy deur God gestuur is.
God stuur nie iets bonatuurliks soos ‘n ruimteskip of ‘n groot weermag nie. Nee, Hy laat Moses die vertroude instrument gebruik wat hy reeds het. Dit vat ‘n rukkie vir Moses om van sy verskonings te vergeet en uiteindelik is hy bereid om met sy herderstaf te doen wat God van hom vra.
Dan gebeur die wonder: dieselfde staf verander in ‘n slang. Al wat God van Moses en van jou en van my vra is om die moontlike te doen — om gehoorsaam te wees en die staf op die grond te gooi. Wanneer Moses dit doen, doen God die wonder. God wil dit ook met ons doen!
Hy verwag nie van jou om wonders te doen nie. As jy gehoorsaam is aan sy opdrag en die moontlike doen, waarborg die Here vir ons dat Hy die onmoontlike sal doen vir ons.
God gebruik vandag nog die dinge wat jou jou hande is — jou gawes, en talente, en moontlikhede, om dit vir sy diens te gebruik … As jy gewillig is om dit te doen.
Gebed
“Here Jesus, Dankie dat U nie van my verwag om wonders te doen nie, al gee U my die vermoë daartoe. Dankie dat ek net nodig het om beskikbaar te wees met dit wat U reeds vir my gegee het. Ek moet net dit gewillig beskikbaar stel vir u diens. Ek wil dit nou graag vir U gee, sodat U die wonders vir ander kan doen. In die Naam van Jesus. Amen!”
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
'n Goddelike lewe voel soms onbereikbaar ver, maar deur die Woord daagliks te bestudeer word dit makliker. Hierdie 10-Dag leesplan is 'n hulpmiddel vir jou pad. 'n Pad wat nie net eenmaal geloop word nie maar daagliks gewandel moet word om jouself te bewapen vir die aanslae van die lewe, die kinkels en draaie en die onverwagte mooi oomblikke van genade.
More
Ons wil graag Worthy Ministry Brakpan bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://worthyministry.wixsite.com/brakpan