Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling na KersfeesVoorbeeld
Jy het seker die Kersverhaal al tot vervelens toe gehoor, maar glo jy dit? Aanvaar jy dat dit werklik gebeur het en die waarheid is? Of klassifiseer jy dit as 'n fantasie, net soos al die sakke met speelgoed en elwe?
Die ware Kersverhaal, die een wat ek kies om te glo, is die storie van 'n gewone, ongekwalifiseerde jong meisie. God het gekies om Homself in haar baarmoeder te plaas sodat ek en jy eendag sy teenwoordigheid in ons lewens kan beleef.
God, die Vader, die Skepper van die heelal, die Een wat alles begin wat glorieryk en wonderbaar is, het jou en my gekies as 'n kanaal waardeur al die nasies die grootste geskenk kan ontvang. Dit is ons wonderwerk dat Hy ons geroep het om Jesus aan die wêreld bekend te maak.
Die wêreld sal slegs die vreugde van sy geboorte ervaar as ek dit in my lewe ten toon stel. Die wêreld sal slegs die vrede van sy koms ervaar as ek dit in my lewe demonstreer. Die wêreld sal slegs die hoop van Kersfees ervaar as ek, as 'n gelowige, hoop te midde van pyn en teleurstelling uitleef. Die wêreld sal slegs die Lig vir die wêreld sien as dit deur my skyn en ek 'n vuurtoring vir die mensdom word.
Kersfees gaan nie net oor Maria, Josef, Elisabet en Sagaria, die skaapwagters of die wyse manne nie. Kersfees gaan oor JOU! Jy moet jouself op hierdie tydstip beskikbaar stel om die teenwoordigheid en liefde van ons Redder te openbaar. Jy is die geskenk wat God gekies het om aan die wêreld om jou te gee. Jou geslag het die heerlikheid van 'n Redder desperaat nodig. Sonder jou sal hulle nooit sy Naam of die doel van sy koms weet nie.
Terwyl jy nou aan Nuwejaarsvoornemens dink en planne vir die volgende 365 dae beraam, wil jy jou nie tot beskikking van God stel nie? Besluit hierdie Kersfees dat jy God sal toelaat om jou lewe as 'n krip te gebruik waarin die Redder van die wêreld gevind kan word.
Vreugde! Aan jou wêreld! Jesus is in jou gebore. God soek gelowiges wat vol moed en vreugde sal wees om die wonderwerk van Kersfees deel van hulle alledaagse lewens te maak.

Aangaande hierdie leesplan
Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige leefwêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is. Hierdie leesplan verken deur middel van Maria, Josef, Sagaria en Elisabet, die skaapwagters en die wyse manne se ondervindings die betekenis van die eerste Kersfees en hoe dit deesdae ons lewens raak.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com