Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling na KersfeesVoorbeeld
![Joy! to Your World! A Countdown to Christmas](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F396%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Nadat die wyse manne by die Christuskind aangekom het, het hulle die vreugde van ware aanbidding ervaar en het hulle geskenke van goud, wierook en mirre vir Hom gegee. Dit was geskenke vir die gesin van 'n Koning!
Later het die wyse manne weer ’n droom gehad. "En omdat God hulle in 'n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met 'n ander pad na hulle land toe teruggegaan" (Matteus 2:12).
Wanneer 'n man of vrou hulle heelhartig toespits op ware aanbidding en iets waardevols vir die Koning van die Konings gee, is dit maklik om die stem van God te hoor! Voor hierdie gebeurtenis het die wyse manne op mense se oordeel en aanwysings staatgemaak. Omdat hulle Jesus nou geken het, in aanbidding in sy teenwoordigheid neergeval het en iets waardevols vir Hom gebring het, was dit nou maklik om die leiding van God te onderskei van dié van mense. Aanbidding help altyd 'n gelowige om die stem van God duideliker te hoor!
Die wyse manne het kennis opgedoen deur na die sterre se bane te kyk, deur boekrolle van geleerdes te lees en van aardse regerings te leer. Nou het hulle die stem van God gehoor! Hulle het nou ontdek dat dit beter is om God se pad te volg. Hulle hoor nie net sy stem nie, maar gehoorsaam dit ook! Dit is nogal 'n groot ommeswaai in die lewens van sulke geleerde manne van aansien!
God het hulle in 'n droom gewaarsku om met 'n ander pad huis toe te gaan. Herodus wou die pasgebore Koning van die Jode doodmaak en het vir die wyse manne gewag om vir hom te kom sê waar Hy was, op hulle terugreis deur Jerusalem. Aanbidding help 'n mens nie net om God se stem te hoor nie, maar dit help jou ook om jou lewenspad se rigting te verander.
Aanbidding gee vir jou nuwe perspektief op jou doel in die lewe en help jou om uit te vind waarheen God wil hê jy moet gaan. Moet nooit die rol van aanbidding en opregte gawes onderskat nie. Dit sal jou help om jou ware doel te bereik.
God wil dalk hê jy moet, net soos die wyse manne, sy stem hoor en jou rigting verander. Jou doel in die lewe is om Hom ten volle te aanbid en jou lewe aan Hom te offer. Opregte aanbidding en die gee van gawes was nog altyd, en sal altyd, die belangrikste aspek van Kersfees bly!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Joy! to Your World! A Countdown to Christmas](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F396%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige leefwêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is. Hierdie leesplan verken deur middel van Maria, Josef, Sagaria en Elisabet, die skaapwagters en die wyse manne se ondervindings die betekenis van die eerste Kersfees en hoe dit deesdae ons lewens raak.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com
Verwante Leesplanne
![Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9212%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus
![Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F809%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Een Woord Wat Jou Lewe Sal Verander
![Glo God Is Goed — Ongeag](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1930%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Glo God Is Goed — Ongeag
![Advent: Die Reis Tot By Kersfees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13463%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Advent: Die Reis Tot By Kersfees
![Span Jou Tyd In Vir God](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1355%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Span Jou Tyd In Vir God
![Reis Na Die Krip](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F9390%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Reis Na Die Krip
![Nuwe Jaar, Nuwe Genade](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F13613%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Nuwe Jaar, Nuwe Genade
![Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F1032%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Oswald Chambers: Vrede - Lewe deur die Gees
![Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54537%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding
![Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54919%2F320x180.jpg&w=640&q=75)