Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling na KersfeesVoorbeeld
Die ster het die wyse manne na die Lig vir die wêreld gelei! Die wyse manne het nie die raad en aanwysings van Koning Herodus of sy raadgewers nodig gehad nie — hulle moes net die Lig vir die wêreld volg.
Toe die ster hulle tot stilstand gebring het, was hulle baie bly. Die Engelse vertaling praat van "uitbundig bly wees met oorvloedige vreugde." Was dit nou nie vir jou 'n fees daardie aand nie! 'n Paar woorde: "uitbundig bly met oorvloedige vreugde", maar gevul met soveel rykdom. Dit is 'n paar van die mees beskrywende woorde in die Skrif.
"Bly wees" beteken: "laat die hoop van toekomstige seëning jou vreugde bring!" Watter gevoelvolle bedoeling en roeping is dit nie! Hierdie woorde beteken dat ons en ons nageslag nie die toekoms hoef in te gaan met kommer en vrees nie, maar met hoop en verwagting. Dit is slegs moontlik as gevolg van die Baba wat in die krip gebore is. Wanneer jy Jesus ontmoet, het jy rede om bly te wees, want 'n klomp seëninge is na jou toe op pad.
"Oorvloedig” word beskryf as “groot” of selfs “hewig”. Hierdie geleerdes het nie statig gebuig met hulle hande voor hulle saamgevou nie. Die vreugde wat hulle in die teenwoordigheid van Jesus ervaar het, was 'n ontploffing! Hierdie manne het op en af gespring! Hulle het die Johannes-bokspring gedoen! Hulle het uiteindelik 'n rede gevind om fees te vier. Hulle het die bron van hulle vreugde gevind.
"Groot" in hierdie sin, beteken "met groot moeite, met die emosies en hartstogte van die siel". Dit is betekenisvol dat hierdie spesifieke definisie van die woord "groot", die woord "siel" insluit. Die wyse manne was baie slim, maar die oomblik toe die ster in Jesus se teenwoordigheid gaan stilstaan het, was dit alles nietig in vergelyking met hierdie groot gebeurtenis. Dit het hulle lewens verander om in die teenwoordigheid van die Skepper van die heelal te wees. Dit het selfs hulle denke vernuwe.
Laastens, die woord "vreugde" is vol betekenis. Dit word beskryf as "die saligheid wat die Here geniet". Jy het nou elke seën van die Here en dit is moontlik as gevolg van Kersfees!

Aangaande hierdie leesplan
Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige leefwêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is. Hierdie leesplan verken deur middel van Maria, Josef, Sagaria en Elisabet, die skaapwagters en die wyse manne se ondervindings die betekenis van die eerste Kersfees en hoe dit deesdae ons lewens raak.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com