Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling na KersfeesVoorbeeld
Dit is Kersfees!
Kom ons reis na Betlehem en verken die Kersverhaal soos dit in die Bybel voorkom. Hierdie geskiedkundige weergawe van die geboorte van Jesus het nie in Betlehem of selfs in Nasaret begin nie ... maar by 'n ouerige paartjie wat geweet het hoe vervul 'n lewe kan wees wat aan God toegewy is.
Die Bybel beskryf Elisabet en Sagaria op 'n baie mooi manier: "Hulle was albei getrou aan de wet van God en het onberispelik al die gebooie en voorskrifte van die Here onderhou" (Lukas 1:6).
Elisabet en Sagaria was al baie lank getroud, maar het nog geen kinders gehad nie. Dit moes vir hierdie priester en sy vrou hartverskeurend gewees het, maar die Bybel sê dat hulle aangehou het om onberispelik te wandel, in elke aspek van hulle verhouding met die Here.
Hoe reageer jy op teleurstelling? Gebruik jy dit as 'n verskoning om jou ontevredenheid of vergrype te regverdig? Alhoewel Elisabet en Sagaria se arms leeg was, en hulle hoop verpletter, het hulle aangehou om God ten volle te dien soos die jare aangestap het.
Die Bybel sê dat die gebed van 'n gelowige 'n kragtige uitwerking het (Jakobus 5:16). As jy aanhou om regverdig te lewe ... en aanhou bid ... sal jou gebede beantwoord word.
Die Bybel sê ook dat wie deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe (Hebreërs 10:38). Elisabet en Sagaria het nog steeds deur geloof gewandel en nie deur sien nie (2 Korintiërs 5:7).
Elisabet se naam beteken "God is my Eed". Elisabet het God se beloftes bly glo, lank nadat ander uit frustrasie al moed sou opgee. Sy het geglo dat God na haar gebede luister terwyl haar vriendinne met hulle babas gespog het en jare later hulle kleinkinders aan die slaap gesus het.
Ek vertrou dat hierdie Kersverhaal jou sal leer om geduldig met God te wees. Bly op God vertrou, al is jou omstandighede moeilik. Hou aan om 'n regverdige lewe te lei, ten spyte van teleurstellende dae. Bid vurig en glo dat God na jou gebede luister. Hou aan om 'n positiewe gesindheid te handhaaf, al kry jy nie jou sin nie.
Laat die mooi gesindheid van Elisabet jou herinner dat ware gelowiges deur geloof lewe en nie deur aanskouing nie.

Aangaande hierdie leesplan
Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige leefwêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is. Hierdie leesplan verken deur middel van Maria, Josef, Sagaria en Elisabet, die skaapwagters en die wyse manne se ondervindings die betekenis van die eerste Kersfees en hoe dit deesdae ons lewens raak.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com