Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling na KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 6 VAN 25

Maria was oorbluf! 'n Vreemde man het nou net in haar kamer ingekom en begin praat oor dinge soos guns en God en groete! Wie en wat is hy, en waarvan praat hy?

Ek kan my voorstel hoe vinnig Maria se hart geklop het terwyl sy probeer om alles te verstaan wat met haar gebeur.

Miskien het haar vrees bedaar terwyl die engel Gabriël vir haar die boodskap uit die hemel gebring het, en dalk het daar iets nederigs in haar hart ontwaak.

“Ek?! Het God mý gekies?! Is ek die gekose een om God se Seun te baar? Die ma van die Messias?”

Vir Maria was Kersfees die tyd om te verstaan dat God se weë soveel beter is as ons weë. Maria het begin leer, soos elkeen van ons moet, dat Goddelikheid altyd die mensdom verower! Kersfees herinner my ... en jou ... en Maria ... daaraan dat sy planne altyd beter is as enigiets wat ons onsself ooit kan verbeel.

Kersfees gaan nie oor dansende elwe, takbokke met rooi neuse en sneeumanne wat sing nie. Kersfees gaan oor 'n inval! Kersfees kom die oomblik as die hemel se lig die duisternis van planeet aarde binnedring!

Kersfees sal altyd die ergste sondaar twee keer laat dink oor watter boodskap die Kersverhaal oordra. Kersfees is een van twee dinge: 'n infame leuen of die reine waarheid. Dit kan niks anders wees nie.

Die krip moet óf in dieselfde asem as elwe, jolige ou Sint Nikolaas of vlieënde takbokke genoem word ... of dit is die Goddelike, ewige waarheid.

Kersfees gaan nie oor daardie vakansiegevoel of die begeerte om inkopies te doen, geld uit te gee of te eet nie. Kersfees gaan oor die Heilige Gees, wat deur middel van 'n Babaseuntjie vrede en vreugde bring na ons vernielde aarde. Dit gaan oor die krag van die hemel se werklikheid wat een lewe verander. Kersfees begin die oomblik wanneer 'n persoon besef dat die verlange in sy hart oorskadu word deur alles wat God is en alles wat Hy doen!

Dit het met Maria gebeur ... en dit kan met jou gebeur! 'n Gepaste gebed vir Kersfees klink miskien so: “Heilige Gees! Oorskadu my! Oorskadu my drome, my voorkeure en opinies! Laat iets nuuts en groots in my gebore word! Help my om in hierdie generasie 'n verskil te maak vir die Koninkryk van Christus!”
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige leefwêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is. Hierdie leesplan verken deur middel van Maria, Josef, Sagaria en Elisabet, die skaapwagters en die wyse manne se ondervindings die betekenis van die eerste Kersfees en hoe dit deesdae ons lewens raak.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com