Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling na KersfeesVoorbeeld

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

DAG 10 VAN 25

Josef was 'n regverdige man ... 'n goeie man ... en 'n goedhartige man. Die woord "regverdige/goeie man" in Matteus 1:19 word in Grieks só verduidelik: "word gebruik vir 'n persoon wie se denke, gevoel en optrede totaal en al aan die wil van God gelykvormig is."

Josef het nie besluite geneem wat tot sy eie voordeel was nie. Sy besluite was gebaseer op sy oortuiging dat God se wil absoluut volmaak en heilig is. Hierdie eerste Kersfees het Josef 'n merkwaardige les geleer: om die geboorte van die Verlosser te vier gaan nie daaroor om jou eie begeertes of voorkeure te bevredig nie — dit gaan daaroor om die Christuskind in jou lewe te verwelkom, ten spyte van wat dit jou gaan kos.

Ons almal moet gedurende die Kersfeestyd aan hierdie les herinner word. Kersfees gaan nie oor hoe ek voel of in watter omstandighede ek my bevind nie. Dit gaan ook nie oor die gemak van familie en vriende nie. Kersfees het nog altyd gegaan oor die plek wat ek in my lewe vir Jesus maak.

Josef se slim en goeie planne is deur 'n Kersfeesengel onderbreek! Dit is goed om te weet dat, as ons doen wat ons dink reg en goed is, God se planne steeds beter en die beste vir ons is! Kersfees is 'n tyd wanneer die hemel se beste ons goeie onderbreek.

Het God onlangs jou lewe onderbreek? Dalk moet jy hierdie Kersfees besin oor jou lewe en besef dat God 'n reg het om jou eentonige lewe te onderbreek. God het die reg om jou 'n beter lewe te wys, want jou beste planne lyk maar vaal in vergelyking met wat Hy vir jou in gedagte het!

Was Josef maar net 'n doodgewone man wat verlief was op 'n doodgewone meisie, genaamd Maria? Ja … en nee! God het altyd uitsonderlike planne vir dié wat 'n leefstyl van onwrikbare geregtigheid kies. God begeer om elkeen van ons te gebruik as 'n kanaal waardeur Christus openbaar kan word.

Dit sal verkeerd wees om te dink dat Kersfees net oor Josef en Maria handel. As dít jou opinie van Kersfees is, is jy soos die karakters die Grinch en Ebeneezer Scrooge. God verlang dat jy geboorte sal skenk aan Kersfees. Jy moet die karakter en hart van God aan mense rondom jou bekendmaak. Dit is wat regverdige mense doen — nie net tydens Kersfees nie, maar elke liewe dag van die jaar!
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Joy! to Your World! A Countdown to Christmas

Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige leefwêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is. Hierdie leesplan verken deur middel van Maria, Josef, Sagaria en Elisabet, die skaapwagters en die wyse manne se ondervindings die betekenis van die eerste Kersfees en hoe dit deesdae ons lewens raak.

More

Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com