Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling na KersfeesVoorbeeld
Maria het in dieselfde dorpie as Josef grootgeword. Hy was 'n hele paar jaar ouer as sy. Dalk het hulle mekaar van 'n afstand af bewonder ... dalk het Josef net gewag dat Maria ouer word!
Een namiddag was Maria in die huis doenig, miskien besig met haar trouklere of om handdoeke te maak vir haar nuwe huis, toe sy agterkom dat daar iemand by haar in die kamer was. Moontlik het Maria rondgekyk om te sien of iemand ingekom het.
“Toe die engel by haar kom sê hy: 'Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou'” (Lukas1:28).
Vir Maria was Kersfees die uitdaging om te verstaan wat die guns van God werklik beteken. Maria sou binnekort leer dat God se guns nie ewige geluk insluit nie, en nog minder dat dit 'n waarborg is dat al jou drome waar sal word. God se begunstigdes moet 'n ongelooflike hoë prys betaal. Guns beteken eenvoudig dat God gewillig is om jou te gebruik.
God is bereid om jonges, ongeleerdes en die onervare mense in sy groot plan vir die mensdom te gebruik. Net soos die guns van God Maria se baarmoeder gebruik het, so glo ek dat die guns van God elkeen kan gebruik wat gewillig is om deel te wees van sy strategie, in enige historiese oomblik.
Kersfees het vir Maria daaroor gegaan om die intimiteit van God se teenwoordigheid te ervaar soos nog nooit tevore nie. Maria sou binnekort met die werklikheid gekonfronteer word — die feit dat guns plaasvind as God 'n stukkie van Homself in 'n mens plaas. God was nie meer net 'n konsep of 'n Goddelike Wese wat Hom nooit bemoei met die alledaagse lewe nie. As gevolg van Gabriël se boodskap, het die teenwoordigheid van God die lewe van hierdie jong meisie binnegedring. Voor hierdie oomblik het sy net aan Josef gedink.
Om God se guns op nuwe maniere te ervaar, is vir my een van die beste gedeeltes van Kersfees! Om te dink dat God my wil gebruik op hierdie tyd in die geskiedenis, is 'n geskenk wat ek nooit verwag het om onder die Kersboom van die lewe te kry nie!
God se lewensveranderende geskenk aan jou dié jaar is om 'n nuwe vlak van intimiteit in sy teenwoordigheid te ontdek.
Kersfees verkondig aan jou wêreld: “Die Here is met my ... en met jou! Wat 'n wonderlike verrassing!”

Aangaande hierdie leesplan
Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige leefwêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is. Hierdie leesplan verken deur middel van Maria, Josef, Sagaria en Elisabet, die skaapwagters en die wyse manne se ondervindings die betekenis van die eerste Kersfees en hoe dit deesdae ons lewens raak.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com