Vreugde! Vir Jou Wêreld! 'n Aftelling na KersfeesVoorbeeld
Kersfees maak dit vir elke mens moontlik om hemelse vreugde op aarde te ervaar. Jesus het aarde toe gekom om jou hart met vreugde te vul!
Een van die belangrike aspekte van Kersfees is dat 'n gelowige op die vreugde van die Here se teenwoordigheid moet reageer. Dit is veral belangrik as jy deur moeilike omstandighede of teleurstellings gaan. Moenie verwag dat die feesgety jou pyn sal verlig nie — dis net sý teenwoordigheid wat dit vir jou kan doen!
Ongeveer 800 jaar voor Jesus se geboorte, het die profeet Jesaja presies beskryf wat die Messias sou doen wanneer Hy kom: "Tog het hy óns lyding op hom geneem ...” (Jesaja 53:4). Jesus het nie net gekom om jou sondes aan die kruis te spyker nie, maar Hy het ook gekom om die hartseer in jou lewe te verlig. Jesus het daardie emosies en gebeure saam met Hom na die kruis toe gevat, sodat jy in vreugde kan leef!
Johannes het in sy ma se baarmoeder van vreugde beweeg toe Maria, wat verwagtend was met Jesus, die vertrek binnegekom het. Al was Johannes nog nie gebore nie, het hy met vreugde gereageer op die teenwoordigheid van Jesus: “... toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my van vreugde beweeg" (Lukas 1:44). "Beweeg" in hierdie vers, is die Griekse woord "skirtao", wat letterlik "spring van vreugde" beteken.
"Skirtao" word net op een ander plek in die Nuwe Testament gevind en dit is in Lukas 6:22-23. "Geseënd is julle wanneer die mense julle haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is, alles ter wille van die Seun van die mens. Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde, want vir julle is daar groot beloning in die hemel."
Ons moet, net soos Johannes, ook spring van vreugde in die teenwoordigheid van Jesus. Ons moet spring van vreugde wanneer ons ook al ly. Ons moet spring van vreugde as ons gekrenkte gevoelens het of verwerping en verraad ervaar. Daar is nie 'n logiese verklaring vir hierdie tipe reaksie nie, maar dit is 'n gesonde reaksie. Jy kan slegs spring as jy tyd in sy teenwoordigheid deurbring. Sy teenwoordigheid sal jou laat "skirtao" op die slegste tyd in jou lewe.

Aangaande hierdie leesplan
Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal moet verwag dat die hemel ons sondige leefwêrelde gaan binnekom. Kersfees is 'n tyd wanneer ons almal daaraan herinner word dat wonderwerke regtig gebeur, gebede werklik beantwoord word en dat die hemel net een antwoord ver is. Hierdie leesplan verken deur middel van Maria, Josef, Sagaria en Elisabet, die skaapwagters en die wyse manne se ondervindings die betekenis van die eerste Kersfees en hoe dit deesdae ons lewens raak.
More
Ons wil graag vir Carol McLeod en Just Joy Ministries bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek www.justjoyministries.com