Die Kuns om te OorkomVoorbeeld

The Art of Overcoming

DAG 6 VAN 7

Dag 6: Om Vrede Deur Aanvaarding Te Vind

Harte breek nie net nie. Hulle herstel ook.

Dis hoekom die aanvaarding van verlies een van die belangrikste stappe op die pad van afsluiting is — dis 'n emosionele, verstandelike en selfs geestelike besluit om met ons verlies vrede te maak en ook die beste van ons toekoms.

Jy het seker al gehoor van Job, daardie arme man in die Bybel wat alles waarvoor hy omgegee het binne 'n paar dae verloor het.

Job is 'n fantastiese voorbeeld van aanvaarding, want hy het dit reggekry om in sy lyding deursigtig te wees, terwyl hy aan God beheer oorgegee het. Sy aanvaarding was die natuurlike gevolg daarvan dat hy die Here se opperheerskappy erken het. Hy het geweet waar die lyn is tussen dit wat hy kon regmaak en dit waaraan hy niks kon doen nie.

Ons weet nie hoe lank Job se lyding geduur het nie. Dit was waarskynlik ten minste 'n paar maande, miskien selfs jare. Dit het wel mettertyd geëindig. Dit is een van die sleutelpunte van die boek. Job het volhard, gewag, vertrou. Terselfdertyd het hy gely, gekla en vrae gevra. Hierdie dinge sluit mekaar nie uit nie.

Uiteindelik het God dit duidelik gemaak dat dit tyd was om op te hou om in die verlede te leef. Hy wou hê Job moes met die hede vrede maak, en dit kon net gebeur as hy die vrede van God aanvaar — daardie vrede wat alle menslike logika en begrip oortref.

En jy?

Waar is jy in die proses van verlies-aanvaarding? Vind jy dat jy steeds veg vir iets wat jy eintlik moet laat vaar, of dat jy vashou aan dit wat jy nooit gaan terugkry nie? Is daar stemme wat (soos in Job se geval) in jou oor fluister dat jou lyding jóú skuld is? Of hoor jy 'n stem vanuit die hemel wat jou herinner dat daar nie 'n vakature vir die heerser-van-die-heelal-posisie is nie, dat almal net moet kalmeer en God moet toelaat om God te wees?

Dit maak nie saak waar jy is nie. Ek is nie hier om jou te veroordeel, of jou aan te jaag nie.

Ek wil jou eintlik net herinner dat God steeds goed en steeds in beheer is. Hou aan beweeg. Volhard in geloof. Gaan voort om die vrede van God jou eie te maak. Ek glo vas dat jy, soos Job, weer die goedheid en seëninge van God sal sien.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Art of Overcoming

Die lewe is vol terugslae, verlies, teleurstellings en pyn. "Die Kuns om te Oorkom" sal jou help om verlies, rou en seerkry te verwerk. Dit gaan daaroor om te weier om toe te laat dat die dinge wat soos die einde lyk jou ontmoedig of ontspoor. Laat God eerder elkeen in 'n nuwe begin verander. Wanneer die lewe verwarrend en moeilik is, moet jy nie toelaat dat jou moed jou begewe nie. Kyk na bo. Onthou, ongeag watter moeilike oomblik of pynlike verlies jy tans deurmaak, God is by jou.

More

Baie dankie aan Biblica wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.biblica.com/timtimberlake