Die Kuns om te OorkomVoorbeeld

The Art of Overcoming

DAG 2 VAN 7

Dag 2: Geloof in die Donker

“Daar's 'n monster onder my bed!”

Het 'n kind jou al ooit wakker gemaak met hierdie vreesbevange uitroep? Miskien was jy eens op 'n tyd daardie kind.

Soos ons ouer word, raak die monsters onder ons beddens al hoe minder tot hulle uiteindelik verdwyn. Die monsters in ons koppe raak egter al hoe groter. Ons bevind ons dikwels binne aanhoudende vrees vir vyande wat ons mag aanval of boosheid wat ons dalk kan oorrompel.

Ons almal staar ons eie vrese in die gesig, en daar is, om eerlik te wees, baie dinge in die wêreld waarin ons leef om oor bang te wees. Ons almal het dinge wat ons snags uit die slaap hou.

Wat is dan die oplossing?

Hou vas aan vertroue in God, wat groot en eerlik genoeg is om ons deur beproewinge en swaarkry te dra — nie net deur oorwinnings nie. Dit maak nie saak wat gebeur nie: geen dood of lewe, "hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie" (Romeine 8:38-39) — want God bly in beheer en Hy kan vertrou word.

Elkeen van ons gaan uitdagings in hierdie lewe ervaar. Geeneen daarvan kan egter ons verhouding met God verbreek nie. Selfs al sou ons grootste vrese bewaarheid word, kan ons steeds vertrou op God se liefde en teenwoordigheid. Is dit nie immers waaroor geloof gaan nie? Oor 'n kinderlike vertroue in die liefde van God?

Wanneer jy leer om met vertroue in God te leef, verloor die dood en verlies hulle krag. Geloof stel jou in staat om enige bedreiging, enige slegte nuus of enige vrees te deurstaan — sonder om oorweldig te word. Laat jou lewe deur geloof gedefinieer word, en jy sal jou ervarings van die dood ongedeerd kan deurmaak. Moenie net in oorwinnings erkenning aan geloof gee nie — laat dit toe om jou ook deur mislukking, teleurstelling en pyn te dra. Dít is juis wanneer dit op sy beste werksaam is.

Ja, die ergste mag dalk gebeur. Nee, jou wonderwerk gaan miskien nie aan hierdie kant van die hemel plaasvind nie. Ja, daar lê moeilike tye voor.

Jy hoef egter nie bang te wees nie. Geloof maak jou oë oop vir die God wat jou met arms van liefde en leërs van beskerming omring.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Art of Overcoming

Die lewe is vol terugslae, verlies, teleurstellings en pyn. "Die Kuns om te Oorkom" sal jou help om verlies, rou en seerkry te verwerk. Dit gaan daaroor om te weier om toe te laat dat die dinge wat soos die einde lyk jou ontmoedig of ontspoor. Laat God eerder elkeen in 'n nuwe begin verander. Wanneer die lewe verwarrend en moeilik is, moet jy nie toelaat dat jou moed jou begewe nie. Kyk na bo. Onthou, ongeag watter moeilike oomblik of pynlike verlies jy tans deurmaak, God is by jou.

More

Baie dankie aan Biblica wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.biblica.com/timtimberlake