Die Kuns om te OorkomVoorbeeld
![The Art of Overcoming](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F37592%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dag 4: Wat Om Te Doen met Verpletterde Drome.
Het jy al ooit 'n droom gehad, maar wat nie verwesenlik is nie?
Dalk was dit 'n sake-idee wat jou miljoene in die sak kon bring. Dalk was dit 'n droomverhouding wat uitmekaar geval het.
Soms werk dinge nie uit nie. Drome word nie altyd waar nie. Om eerlik te wees, party drome behóórt liewer nie waar te word nie. Dit is egter nie minder pynlik wanneer ons drome voor ons oë verpletter word nie.
Dromers is na aan God se hart — die hele Bybel is vol van hulle. Net omdat van jou drome in nagmerries verander het, beteken dit nie dat jy moet ophou droom nie.
Onthou egter ook dat jou droom dalk net moet sterf voor dit regtig kan leef.
In die Bybel eindig die verhaal van Josef, die dromer, uiteindelik gelukkig. Die saak staan so: Josef moes verskeie doodservaringe deurstaan het om daar uit te kom, insluitend verraad, slawerny, jare se harde werk en jare in die gevangenis. Ek is oortuig daar was oomblikke toe hy gedink het sy lewe is verby en dat al sy drome verlore is.
Op die regte tyd het God egter sy drome 'n werklikheid gemaak — op maniere wat soveel groter was as wat Josef hom ooit sou kon voorstel.
God se drome is altyd groter as ons menslike drome. Partykeer moet ons drome sterf, ten minste tydelik, sodat ons ons drome kan aflê. Dit wil sê, ons moet ons idees en ons selfvertroue van ons troontjies afhaal en op die altaar neerlê. Soms maak die dood van ons klein drome 'n weg vir die openbaring van God se groot droom. Ons mooi droom moet sterf om plek te maak vir die beter droom, vir 'n God-grootte droom.
Eers wanneer ons ons sekuriteit en vertroue in God, eerder as een of ander tydelike prestasie of toekenning vind, sal ons ons eie drome kan najaag sonder om onsself in die proses te verloor.
As jy dus deur ontmoediging of pyn werk omdat een van jou drome nooit verwesenlik is nie, kan jy hierdie oomblik gebruik om tot God te nader. Gee jou verwagtinge aan Hom oor. Laat Hom toe om jou droom vir 'n wyle vas te hou.
Jy is veilig in sy arms en jou droom is veilig in sy hande.
Aangaande hierdie leesplan
![The Art of Overcoming](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F37592%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die lewe is vol terugslae, verlies, teleurstellings en pyn. "Die Kuns om te Oorkom" sal jou help om verlies, rou en seerkry te verwerk. Dit gaan daaroor om te weier om toe te laat dat die dinge wat soos die einde lyk jou ontmoedig of ontspoor. Laat God eerder elkeen in 'n nuwe begin verander. Wanneer die lewe verwarrend en moeilik is, moet jy nie toelaat dat jou moed jou begewe nie. Kyk na bo. Onthou, ongeag watter moeilike oomblik of pynlike verlies jy tans deurmaak, God is by jou.
More