'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church Voorbeeld

Timeless Wonder | a Christmas Reading Plan From New Life Church

DAG 4 VAN 19

Dag 4

Petrus is 'n karakter in die Bybel wat soms 'n onverdiende reputasie kry. Hy het ontken dat hy Hom geken of iets met Jesus te doen gehad het toe Hy op pad na die kruis was. Ons kan ons net indink hoe daardie interaksies later in sy lewe by hom gespook het. Voordat Petrus vir Jesus verloën het, het hy en Jesus 'n spesiale verhouding gehad.

Petrus was een van die twaalf apostels, wat beteken dat hy 'n toegewyde volgeling van Jesus was. Hy het Hom baie wonderwerke sien verrig en was saam met Hom regdeur sy bediening. In Matteus 16:14 het Jesus vir sy dissipels gevra wat mense van Hom sê, aangesien Hy wou weet wie mense glo dat Hy is. Hulle het toe vir Hom gesê: “… Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die ander profete.” Jesus wou egter weet wie hulle glo dat Hy is, en Petrus se geloof was werklik op hierdie oomblik duidelik sigbaar. "Simon Petrus het geantwoord: 'U is die Christus, die Seun van die lewende God'" (Matteus 16:16).

“'Gelukkig is jy, Simon Barjona,' het Jesus vir hom gesê, 'want dit is nie 'n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is. En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly'" (Matteus 16:17-19).

Jesus het bedoel wat Hy hier gesê het. Hy het presies dit gedoen, en Petrus het voortgegaan om die Kerk te bou. Hy het wonderwerke verrig, hy was instrumenteel op Pinkster, en die Christendom soos ons dit vandag ken, is deur Petrus se lewe beïnvloed. Dit het nie beteken dat Petrus se lewe maklik was nadat Jesus na die hemel opgevaar het nie. Petrus sou later onderstebo aan die hand van Nero gekruisig word, omdat hy nie waardig gevoel het om op dieselfde manier as Christus te sterf nie. Hy het waarlik gelewe en toe vir Christus gesterf.

Alhoewel daar beslis tye was dat Petrus se karakter gebrekkig was, was sy geloof dapper en het mettertyd versterk. Hy het nie toegelaat dat sy vorige mislukkings vrees oor sy toekoms skep nie. Hy het met ywer daarna uitgesien; wetende dat dít waarvoor Jesus hom geroep het, veel groter as sy onsekerhede, swakhede en enige menslike vrese was. Hy het gelowig tot sy dood gebly — en watter impak het hy nie vir die koninkryk gemaak nie!

Aksiestap: Watter vorige mislukkings het jy toegelaat om 'n gevoel van mislukking oor jou toekoms te veroorsaak? Ons weet nie wat môre inhou nie, maar ons weet dat Jesus gesê het ons sal nooit alleen in hierdie lewe loop nie. Bid vandag oor jou toekoms en vertrou op die waarheid dat niks ons ooit van die liefde van Christus sal skei nie.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Timeless Wonder | a Christmas Reading Plan From New Life Church

Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.

More

Baie dankie aan Hillside Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://newlifechurch.tv