'n Wonder sonder Tydsgrense | 'n Leesplan vir Kersfees deur New Life Church Voorbeeld
Dag 3
Indien daar enige Bybelkarakter is wat daarop kan aanspraak maak dat hy of sy gely het, is dit beslis die apostel Paulus. Hy is talle kere gegesel, geslaan en gestenig. Hy was selfs op die oop see blootgestel aan slaaploosheid, naaktheid, honger, dors, koue, en vele ander gevare! Ten spyte hiervan het hierdie ontberinge hom nie ondergekry nie; hy het dit as tydelike, selfs maklike uitdagings beskou.
Deur alles wat Paulus verduur het, het sy fokus onwrikbaar op sy Vader gebly. Jesus se Vader. Ons Vader wat in die hemel is.
Ons Vader — wat sy Seun as 'n baba gestuur het, wat 'n man geword het en vrywillig die sonde van die wêreld op Homself geneem het — is die God van alle vertroosting. Dit was die kern van Paulus se vertroue: dat sy sonde en ons sondes ten volle betaal is.
Soos Jesus gely het, het Paulus gely. Ons sal ook van tyd tot tyd pyn en lyding ervaar, sommige van ons meer as ander. Nietemin vervaag die lyding wat ons verduur wanneer ons dit opweeg teen die vreugde, vrede en oorwinning wat as 'n beloning kom vir ons getrouheid aan ons liefdevolle Vader, ons Koning Jesus. In daardie hoop kan ons vandag ware vertroosting vind te midde van enigiets wat ons mag verduur.
Aksiestap: Roep vir 'n wyle halt en dink daaroor hoe Jesus se koms na die aarde jou lewe vir ewig verander het. Oordink vandag se Skrifgedeelte en laat die Heilige Gees toe om jou 'n vars perspektief te gee op enige uitdaging wat dalk op jou wag.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 3-weeklange leesplan neem ons deur die tydlose wonder van hoe God deur sy Seun, Jesus, na ons toe gekom het. Die leesplan is ontwerp om op 'n Maandag te begin sodat elke naweek 'n korter inhoud sal insluit wat bedoel is vir rus en nadenke gedurende die vakansietyd. Sluit by ons aan terwyl ons bestudeer wat die geboorte van Christus vir ons toekoms, hede en verlede beteken.
More