Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 14 VAN 29




Die Heerlikheid wat Kom

Lees: Romeine 8:18–25

SOAP: Romeine 8:24–25

"Ons is immers gered, en ons het nou hierdie hoop. Wat 'n mens al sien, hoop jy tog nie meer nie. Wie hoop nog op wat hy reeds sien? Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding."

Oordenking

Die lyding wat ons in hierdie wêreld verduur, is ‘n gevolg van sonde. Ons persoonlike lyding is dalk nie die gevolg van sonde nie, maar die rede vir gebrokenheid, pyn, gebondenheid, en verval ons sonde. Die skepping ly net soos ons onder die sondelas. Ons wêreld roep uit, kreun, hoop op vryheid en verlossing. Ons betreur die sonde en swaarkry in ons wêreld en erken en bely ons aandeel daaraan. Maar wanneer ons dit doen, kan ons baie hoop hê, met die oortuiging dat wat kom, die moeite werd is om voor te hoop.

Ons wag op verlossing. En wanneer ons in Christus is, het ons die gawe van hoop op wat kom. Hy het heerlike verlossing belowe, sowel die fisieke as geestelike verlossing van ons liggame, maar dit moet nog kom. Ons leef met gespanne verwagting op wat belowe is en die koms daarvan. Ons leef in die “reeds, maar nog nie”.

Terwyl ons wag, hou ons aan hoop vas – die hoop op volkome verlossing deur die werk van Jesus Christus. Te midde van gebondenheid hou ons aan dié hoop vas. Te midde van verval hou ons aan dié hoop vas. Terwyl ons liggame vergaan, ons gedagtes verander, ons geliefdes sterf of ons regerings tot ‘n val kom, hou ons aan dié hoop vas. Want in hierdie hoop is ons redding. Wanneer ons hoop in die werk van Christus, in sy opoffering, opstanding en wederkoms, is ons gered.

Die doel van Advent is om ons te herinner aan ons huidige lyding en die groot hoop wat ons het. Dit is hierdie hoop wat ons laat aanhou. Sonder die hoop dat ons eendag die heerlikheid van Christus en ons volkome verlossing gaan ervaar, het ons geen rede om Hom te vertrou nie. Ons bewustelike keuse om daagliks aan sy beloftes vas te hou, is wat ons hoop laat toeneem.

Namate ons die swaarkry van hierdie wêreld verduur, neem ons volharding toe. Hierdie volharding verhoog ons hoop en oortuiging van wie aan die kom is: Christus ons Koning. Al sien ons Hom nie, het ons hoop op ons redding en verlossing. Kom ons wag gretig met groot volharding daarop.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid