Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 18 VAN 29




Juig!

Lees: Sefanja 3:14–20

SOAP: Sefanja 3:17

"Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou."

Oordenking

Die boek Sefanja bied groot hoop vir die volk van God. God se beloftes om ‘n oorblyfsel van sy volk te beskerm en vir hulle ‘n toekoms te gee, kom in hierdie boek na vore. Die profeet Sefanja roep die volk van Juda op tot bekering. Hy bied vir hulle hoop dat God herstel sal bring vir diegene wat op sy oproep reageer. God se begeerte om sy volk te herstel word regdeur Sefanja geopenbaar terwyl Hy sy volk nog ‘n kans gee om hulle van hul goddeloosheid te bekeer.

Die psalm wat aan die einde van Sefanja se profesieë ingesluit is, bring hoop vir die volk van God. Dit herinner aan die herstel wat aan die kom is, die manier waarop God die vyande van sy volk gaan uitwis en sy volk deur sy oorweldigende liefde na Hom toe terugbring.

In hierdie Adventtyd kan ons oor hierdie woorde nadink met die wete dat God reeds ‘n deel van hierdie belofte vervul het: Hy het sy Seun, Jesus, gestuur om ons van sonde te red, en Homself namens ons te offer. Jesus is die Een wat midde-in van sy volk was. Hy is die krygsman wat ons van sonde en dood verlos het. Hy is vol vreugde oor ons en maak ons nuut deur sy reddende liefde. Jesus jubel en juig oor ons as ons in Hom begin glo.

Selfs terwyl ons nog wag, word God se beloftes uitgevoer. Ons Verlosser, Jesus, kom weer. Hy sal weer kom as ‘n Koning wat regeer. Hy sal weer by ons woon. Hy is die krygsman wat ons van die vyand en die swaarkry van die wêreld gaan verlos. Hy is so vol vreugde oor ons dat Hy vir ons ‘n ewige tuiste saam met Hom gereed gemaak het. Wanneer Hy terugkom, gaan Hy die hemele en aarde – en ons – nuut maak. En terwyl Hy oor ons jubel en juig, kan ons jubel en juig oor sy verlossing wat aan die kom is!

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid