Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 19 VAN 29

Die Aankondiging van Johannes se Geboorte

Lees: Lukas 1:5–25

SOAP: Lukas 1:13–17

"... maar die engel sê vir hom: 'Moenie bang wees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor. Jou vrou, Elisabet, sal aan jou 'n seun skenk, en jy moet hom Johannes noem. Hy sal 'n bron van blydskap en vreugde vir jou wees, en baie sal bly wees oor sy geboorte, want hy sal groot wees in die oë van die Here. Wyn en bier sal hy glad nie drink nie, en reeds van sy geboorte af sal hy met die Heilige Gees vervul wees. Hy sal baie uit die volk Israel laat terugkeer tot die Here hulle God. En hy sal voor die Here uit gaan in dieselfde gees en krag as Elia, om vaders en kinders met mekaar te versoen, om ongehoorsames op die regte pad terug te bring en om so vir die koms van die Here 'n volk voor te berei.'”

Oordenking

God was vir meer as vierhonderd jaar lank stil. Hy het opgehou om met sy volk te praat en hulle het die afwesigheid van sy woord en leiding ervaar. Een paartjie, Sagaria en Elisabet, was regverdig en onberispelik voor God. Maar alhoewel hulle al die gebooie en wette van die Here gevolg het, het hulle steeds pyn ervaar. Elisabet was onvrugbaar en dit was vir haar tussen haar mense 'n groot skande.

Dit was deur hierdie paartjie wat God sy stilte teenoor sy volk sou verbreek. God het met Sagaria in die Heilige Plek van die tempel gepraat en aan hom vertel wat Hy sou doen. Sagaria se onvrugbare vrou sou swanger word en hierdie kind sou die voorloper van die Messias wees. Hierdie kind sou 'n getuie wees van die werk van die komende Verlosser en hy sou baie mense tot bekering roep en om na die Here terug te keer.

Die viering van Christus se geboorte kom nader. Ons sien uit na die Kersdag om aan te breek, maar ons moet nog wag. Soos Sagaria en Elisabet die koms van die Messias herken het, moes hulle steeds wag. Hulle kind sou die een wees om die mense voor te berei vir die koms van die Messias. Terwyl hulle gewag het, het hulle vreugde vermeerder.

Terwyl ons wag vir Christus se wederkoms, vermeerder ons vreugde ook. Alhoewel ons hartseer en lyding ook deur ons lewens mag vermeerder, sal ons vreugde selfs meer word wanneer ons ons oë rig, nie op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare. Ons vertrou die Woord van God en sien met verwagting uit na die vervulling daarvan. Ons vier die geboorte van Christus met vreugde as gevolg van die werk wat Hy gedoen het om ons te red. Ons kyk ook met vreugde na sy wederkoms omdat ons weet dat die koms van ons Koning meer sal wees as wat ons ooit voor kon hoop of verwag.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid