Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 17 VAN 29




Week 3—Jy Sal Vreugde Hê!

God Herstel

Lees: Psalm 126

SOAP: Psalm 126:4–6

"Verander tog ook nou ons lot, Here, soos U droë spruite in die Suidland in waterstrome verander. Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra."

Oordenking

Die volk Israel het God se herstel beleef. Hulle het aanskou hoe Hy Sion so wonderbaarlik herstel dat hulle gedink het hulle droom. Hulle het gejubel en God geloof vir die wonderlike dinge wat Hy vir hulle gedoen het. God het die volk uit ballingskap in Babilon teruggebring en die tempel en stadsmure van Jerusalem herstel en weer opgebou.

Hierdie psalm is na daardie herstel geskryf, toe die volk Israel weer op God se herstel gewag het. Hulle het weer eens sy genesing en ingryping desperaat nodig gehad, en hierdie psalm het hulle herinner aan sy getrouheid in die verlede en hulle met vreugde vervul terwyl hulle uitgesien het na wat Hy in die toekoms gaan doen. Alhoewel hulle nog op God se herstel gewag het, het hulle sy goedheid, deernis en getrouheid onthou.

Hierdie week fokus ons op die heerlike vreugde wat ons in die Here het. Nadat ons aan die belofte van sy wederkoms en ons groot behoefte aan Hom gedink het, fokus ons op die vreugde wat ons alreeds in Hom het en die volkome vreugde wat ons gaan hê wanneer Hy ons herstel het.

As ons fokus op die vreugde wat ons in die Here het, kry ons hoop, ongeag wat ons omstandighede is. Ons ignoreer nie ons swaarkry nie, maar ons fokus op God se getrouheid en wat Hy belowe om te doen. Hy belowe om die wêreld te herstel. Hy belowe om terug te kom, die vyand te verslaan, en sy koninkryk op aarde te vestig. God belowe om vir ewig by ons te woon en om ons die ewige lewe te gee as ons in Hom glo.

As God hierdie wonderlike beloftes aan ons kan nakom, as Hy die wêreld kan herstel, dan kan Hy sekerlik ons huidige omstandighede herstel. Nie net is Hy magtig genoeg om in te gryp nie, maar Hy is diep besorg oor die pyn en hartseer wat ons vandag in die gesig staar. Hy belowe om alles te herstel. God se weë en tydsberekening mag dalk anders lyk as waarop ons hoop, maar ons kan vreugde ervaar terwyl ons uitsien na die vervulling van sy beloftes en sy herstel wat aan die kom is. Mag ons juig selfs onderwyl ons op Hom wag.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid