Kies God, Nie Die Wêreld NieVoorbeeld

Oordenkingsvrae:
1. Wat is van die groot seëninge wat God vir jou gegee het? Lys soveel as wat jy kan. Is jy meer geneig om hierdie seëninge te vier of vergelyk jy die seëninge wat jy ontvang het met die seëninge wat ander van God ontvang het? Hoe kan jy vandag 'n gees van vergelyking beveg?
2. Erken jy God as die bron van al jou sukses? In watter area van jou lewe is jy geneig om op jou eie middele staat te maak in plaas daarvan om op God se plan te vertrou?
3. Is jy gehoorsaam aan God se opdragte? Glo jy in sy Seun? Is jy lief vir ander? Is jy lief vir ander selfs wanneer hulle onvriendelik teenoor jou is of probeer om jou te mislei of te oorweldig?
4. Op watter terrein van jou lewe vra jy God dikwels vir verlossing, maar skep dan jou eie reddingsplanne? Wat sou gebeur as jy op God gewag het vir verlossing?
5. Op watter maniere het God jou identiteit verander? Op watter maniere het jy gesien hoe God jou van jou vertroue op jouself ontneem?
Aangaande hierdie leesplan

"Kies God, Nie Die Wêreld Nie" bestudeer die lewens van twee mans, Jakob en Josef, hul gesinne en die keuses waarvoor hulle te staan gekom het. Jakob en Josef het albei ‘n spesifieke belofte van God ontvang, maar hulle het hul geloof baie anders uitgeleef. In hierdie Bybelstudie gaan ons ook ontdek hoe God se beloftes aan sy mense nooit onvervuld bly nie, selfs al verbrou hulle dikwels.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://lovegodgreatly.com/